... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bid Vir Ons

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Tessalonisense 3:1,2 Ten slotte, broers en susters, bid vir ons sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en net soos by julle met eerbied ontvang word. Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense, want nie alle mense kan vertrou word nie. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Bid Vir Ons


Download audio file

Hier volg ‘n stukkie nuttelose inligting: vandag is dit Fresh-boodskap nommer twee-duisend-een-honderd-ses-en-veertig wat ons hier by Christianityworks vir jou vervaardig. Nouja, ek het jou gewaarsku dat dit ‘n stukkie nuttelose inligting is!

Nou hoekom deel ek dit dan met jou? Dit is nie asof 2 146 enige soort ronde getal of mylpaal is nie.

Nouja, of jy nou Fresh op TV kyk; oor die radio in enige een van ‘n dosyn tale luister; dit in gedrukte vorm lees; in jou e-pos se in-kassie lees; of via WhatsApp of een van die ander digitale kanale sien, wonder ek of jy al ooit stilgestaan het om te dink wat betrokke is by die vervaardiging van ‘n daaglikse boodskap.

Daar is eerstens die voorbereiding en die skryf van die materiaal, dan volg: vertaling, proeflees, opname en vervaardiging van die oudio’s, die skiet en vervaardiging van die TV-programme, die verspreiding daarvan na stasies, die oplaai daarvan na rekenaars, die keuse van beelde vir die digitale weergawes, die ontwerp van bladuitleg … dit is malligheid, nè?

Maar soos enigiets wat die moeite werd is, verg dit nogal moeite, vir ‘n klein, maar toegewyde span. Daarom wil ek jou graag vandag vir ‘n guns vra in die woorde van:

2 Tessalonisense 3:1,2 Ten slotte, broers en susters, bid vir ons sodat die woord van die Here vinnig mag versprei en net soos by julle met eerbied ontvang word. Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense, want nie alle mense kan vertrou word nie. (NLV)

Hoe meer mense met wie ons God se Woord deur FRESH / VARS kan deel, hoe meer lewens sal getransformeer word. Maar weet jy, op sommige plekke is dit gevaarlike werk.

Bid asseblief vir ons. Bid ook dat ons bewaar sal word van slegte en bose mense, want nie alle mense kan vertrou word nie. 

Dit is Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.