... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Grootste Wonderwerk

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus1:15,16 Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

Listen to the radio broadcast of

Die Grootste Wonderwerk


Download audio file

Stel jou voor dat jy ‘n kosbare, soliede goue beker in ‘n vullishoop ontdek. Jy tel dit op – dit is vieslik, dit is bevlek, dit het ‘n hap uit. Jy begin dit skoonmaak totdat dit so helder soos goud skitter. Pragtig! Maar wat gaan jy nou daarmee maak?

Wel, wat gaan jy daarmee maak? Gaan jy dit in ‘n vertoonkas sit waar dit skoon en veilig gaan bly? Waarskynlik. Maar wat sou God daarmee gedoen het? Wel, eintlik ken ons reeds die antwoord daarop, want dit is presies wat Hy met jou en my gedoen het. Nadat Hy ons op die vuilgoedhoop opgetel en skoongemaak het, het Hy ons direk in die middel van die ashoop teruggooi. Regtig?

Leonard Ravenhill, die twintigste-eeuse evangelis en skrywer, het dit so gestel: Die grootste wonderwerk wat God vandag kan doen, is om ‘n onheilige persoon uit ‘n onheilige wêreld te neem, hom heilig te maak, en dan terug te sit in daardie onheilige wêreld en hom heilig te hou.

God se plan was nog altyd om jou te red, jou lewe te transformeer, jou rein en heilig te maak, en jou dan terug te gooi in die roesemoes, sodat jy deur Hom gebruik kan word, om iemand anders uit die modder te sleep.

Maar pasop vir die slagyster. Wanneer Hy jou op die ashoop teruggooi, is dit so maklik om; ten spyte van jou reinheid van binne, jou glans te verloor en om van buite soos almal om jou te begin lyk. Pasop, my vriend, dit is ‘n ernstige waarskuwing:

1 Petrus 1:15,16 Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees. Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.”

Moenie dat die wêreld se sonde op jou afgee nie. Bly heilig, want die Here jou God is heilig.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.