... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geregtigheid en Liefde

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 21:21 Wie na reg en liefde strewe, aan hom word 'n vol lewe en eer geskenk.

Listen to the radio broadcast of

Geregtigheid en Liefde


Download audio file

‘n Mens se groeiproses het baie te doen met die handhawing van ‘n balans tussen die uiteenlopende magte wat in ons lewens toutrek. Ons moet daardie magte so bestuur, dat ons hulle op die regte tyd en op die regte manier aanwend.

Daar is ‘n tyd om af te breek en ‘n tyd om te bou. ‘n Tyd om iemand te druk en te omhels en ‘n tyd om hulle te laat gaan. ‘n Tyd om te huil en ‘n tyd om te lag.

En daar is ook ‘n tyd om aan te dring op wat reg is en ‘n tyd om in liefde op te tree en ons benadering in liefde te versag, selfs wanneer dinge nie reg is nie, selfs wanneer daardie ander persoon heeltemal verkeerd is.

Hoekom praat ons hieroor? Want deesdae, waar daar soveel interpretasies van die waarheid bestaan, dring sekere mense daarop aan dat slegs húlle weergawe korrek is, en dan tree hulle liefdeloos op teenoor dié wat van hulle verskil.

Nouja, die waarheid is natuurlik belangrik en dit is vir ons belangrik om dinge te ondersoek. Maar elke oggend wanneer ek my digitale nuusdiens, wat nuus van betroubare bronne regoor die wêreld versamel, bestudeer, word ek getref deur hoe hard mense skree, en hoe min hulle luister, en hoe amper niemand liefde en respek toon nie.

Spreuke 21:21 Wie na reg en liefde strewe, aan hom word ‘n vol lewe en eer geskenk.

Mense heg deesdae baie waarde aan wat reg is, maar hulle toon min liefde teenoor hulle naaste. Ongelukkig is daar meer self-aangestelde regters as van dié wat liefde en eerbied bewys.

Maar God wil hê dat ons ‘n sin vir wat reg is en ook ‘n sin vir liefde moet hê. En wanneer ons die ewewig tussen daardie twee, dikwels botsende kragte, in ons lewens vind, beloof Hy vir ons ‘n dividend: lewe, voorspoed en eer.

Geregtigheid en liefde. Dit is God se plan.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.