... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Waarin of in Wie Glo Jy?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:2,3 Pas op vir daardie rondloperhonde, pas op vir daardie kwaaddoeners, pas op vir die mense van die versnydenis! Ons wat God deur sy Gees dien, het mos klaar die ware besnydenis. Ons beroep ons op wat Christus Jesus gedoen het en nie op menslike dinge nie.

Listen to the radio broadcast of

Waarin of in Wie Glo Jy?


Download audio file

Die onderwerp van besnydenis is een van die dinge wat my elke keer ek dit in die Bybel raakloop, eerlikwaar ontstel. Dit was ‘n vereiste van die Ou Testamentiese wet, jare voordat narkose ooit uitgevind is. Eina!

Manlike besnydenis was ‘n fisiese teken om te bewys dat jy aan God se volk behoort. Dit was ‘n wetlike vereiste onder die ou kontrak tussen God en sy volk, wat ons nou die Ou Verbond noem.

Maar Christus het gekom om die wet te vervul. Daardie ou rituele en wetlike vereistes maak nie meer saak vir iemand wat in God se vergiffenis, deur Jesus se offer aan die kruis, glo nie. Vir ons is dit nie meer nodig om te voldoen aan die 613 gebooie en wette wat in die Torah – Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium – vervat is nie.

Wat ‘n verligting … ja, inderdaad, vir ouens soos ek! Onder hierdie Nuwe Verbond van genade gaan dit alles daaroor om te reageer op wat Jesus vir ons gedoen het, eerder as om die wet, wat niemand in elk geval in staat was om te gehoorsaam nie, te onderhou. 

Maar … daar is steeds mense wat daarop aandring om die horlosie na die Ou Verbond terug te draai. Dit is wat die apostel Paulus oor hulle sê:

Filippense 3:2,3 Pas op vir daardie rondloperhonde, pas op vir daardie kwaaddoeners, pas op vir die mense van die versnydenis! Ons wat God deur sy Gees dien, het mos klaar die ware besnydenis. Ons beroep ons op wat Christus Jesus gedoen het en nie op menslike dinge nie.

Paulus draai nie doekies om nie!  Hy wys ons dat ware aanbidding die aanbidding van God deur die Heilige Gees is, eerder as om reëls en regulasies te volg.

Om vry te wees! – dit is waarvoor Christus ons vrygemaak het! Maak seker dat julle vry bly, en moet nie weer onder ’n slawejuk vasgebind word nie. (Gal 5:1 NLV)

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.