... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Daar is Net Een Weg

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Timoteus 2:5,6 Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as 'n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.

Listen to the radio broadcast of

Daar is Net Een Weg


Download audio file

Hoekom kritiseer die samelewing Christenskap deesdae so dikwels? Wat maak die Goeie Nuus van Jesus vir so baie mense aanstootlik? Dit voel asof die vervolging van Christene besig is om toe te neem. Hoekom is dit so?

‘n Ruk gelede het ek ‘n klein bybelstudiegroepie van uiteenlopende mense uit verskillende tradisies en perspektiewe bygewoon. Ek was dus nie verbaas oor die verskillende opinies nie.

Daar was een man daar wat vas geglo het dat die Bybel net een van baie rigtingwysers na God is. Hy het Boeddhisme en die Koran bestudeer. Hy het allerhande verskillende maniere ywerig ondersoek. Hy het honderde dollars op CD’s van ghoeroes en ander materiaal spandeer.

Toe ons die Evangelie van Johannes bestudeer, was hierdie man se opinie dat dit slegs figuurlik gestel is, as ‘n soort metafoor. En dat dit belaglik is om te glo dat Jesus werklik water in wyn kon verander! En daardie stukkie waar Jesus sê: “Ek is die weg, die waarheid en die lewe. Niemand kan na die Vader kom behalwe deur My nie” … is volgens hom beslis verkeerd vertaal en oorgedra. Daar is volgens hierdie man ook baie maniere om na God te kom. Maar weet jy, dit is nie wat God sê nie.

1 Timoteus 2:5,6 Daar is immers net een God, en daar is net een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus wat Homself as ‘n losprys vir almal gegee het. Dit was op die bestemde tyd die bewys van die bedoeling van God.

Net omdat ons ‘n waarheid ontken, maak dit dit nie minder waar nie. Dis die offer van Jesus aan die Kruis wat betaal het vir jou sonde en myne, Sy dood en opstanding het die deur wawyd oopgegooi na ‘n ewige verhouding met God. Daar is slegs een manier. Jesus. Dís die waarheid.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.