... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Tyd Kom

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 3:10,11 Maar die Dag van die Here sal so onverwags kom soos ’n dief. Dan sal die hemele met ’n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame in vuur opgaan en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. Aangesien alles om ons só gaan wegbrand, moet julle leefstyl soveel meer aan God toegewy wees en moet julle naby aan Hom lewe! (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Tyd Kom


Download audio file

Weet jy, ons soms wens soms dat die moeilike tyd waardeur ons reis, tot ‘n einde moet kom? Maar die waarheid is dat selfs wanneer die skrif teen die muur is, ons steeds aan hierdie lewe vasklou. Maar dit sal nie altyd moontlik wees nie.

Ons klou dikwels onbewustelik vas aan ons huidige omstandighede. Sonder om dit te besef, en ten spyte van die feit dat dit besig is om om uit te mergel, raak ons verstrengel in ons omstandighede. 

Vir my was die COVID-pandemie ‘n ongelooflike ontwrigting, wat my net weer bewus gemaak het van die spreekwoord: die mens wik, maar God beskik. Ek het al hierdie planne gehad om te reis vir die bediening, om my vrou met ‘n vakansie te neem, om … wel jy weet. Dis nes jou planne wat soos mis voor die son verdwyn het. 

Ons besef nie hoeveel ons dinge as vanselfsprekend aanvaar totdat dit ontwrig word nie. Maar, my vriend, daar is ‘n groot ontwrigting op pad. ‘n Baie, baie groter ontwrigting as COVID.

2 Petrus 3:10,11 Maar die Dag van die Here sal so onverwags kom soos ’n dief. Dan sal die hemele met ’n groot gedruis verdwyn, die hemelliggame in vuur opgaan en die aarde met alles wat daarop is, vergaan. Aangesien alles om ons só gaan wegbrand, moet julle leefstyl soveel meer aan God toegewy wees en moet julle naby aan Hom lewe! (NLV)

Dink net – baie groter as COVID. Of jy daarvan hou of nie, die Here kom terug. Hierdie huidige bedeling, die hele lot, sal tot ‘n einde kom. Hoe moet ons daarop reageer? Watter soort mense moet ons wees? Ons lewens moet heilig en aan God toegewy wees.

Dit kan ek jou verseker: Jesus kom.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.