... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

God Het ‘n Opdrag vir Jou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 2:9 Julle, daarenteen, is 'n uitverkore volk, 'n koninklike priesterdom, 'n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.

Listen to the radio broadcast of

God Het ‘n Opdrag vir Jou


Download audio file

Een van die dinge waarmee baie mense sukkel, is dat hulle voel asof hulle nie ‘n doel in die lewe het nie. Hulle voel asof die lewe nêrens heen op pad is nie. En hierdie moedeloosheid kom selfs voor by mense, wat bely dat hulle in Jesus, die Verlosser van die wêreld, glo.

Ons almal worstel op verskillende vlakke met hierdie gevoel van doelloosheid. Ek is ‘n gedrewe individu met ‘n duidelike sin van God se roeping op my lewe. Maar ten spyte hiervan, kan gedagtes van twyfel my so maklik bekruip. Ek vra myself af: Maak ek regtig ‘n verskil? Wat beteken dit alles in elk geval? Ek is seker jy weet waarvan ek praat.

En dan is daar diegene wat voel soos ‘n kurkprop wat op die stormagtige see, met geen land in sig nie, ronddobber. ‘n Doel? Waarvan praat jy? Ek oorleef skaars!

Wat jy ook al doen, as jy ‘n stewige doelwit het, maak dit jou geloof in Jesus ‘n werklikheid. Dit gooi brandstof in jou tenk en gee jou woema!

As jy enige twyfel het, hier is God se doel vir jou:

1 Petrus 2:9 Julle, daarenteen, is ‘n uitverkore volk, ‘n koninklike priesterdom, ‘n nasie wat vir God afgesonder is, die eiendomsvolk van God, die volk wat die verlossingsdade moet verkondig van Hom wat julle uit die duisternis geroep het na sy wonderbare lig.

Ek weet nie wat jou spesifieke talent is of watter deure God dalk vir jou oopgemaak het om dit te beoefen nie. Wat ek wel weet, is dat as jy in Jesus glo; jy spesiaal is. So spesiaal dat jy heilig is, een van Sy priesters is, een van Sy middelaars is, iemand wat Hy uit die duisternis van sonde geroep het na Sy wonderlike lig om ander mense te vertel van die wonderlike dinge wat Hy gedoen het.

Dit is jou doel. Gaan dus nou en vertel die wêreld. 

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.