... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie jou Vryheid Prysgee Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Galasiërs 5:1 Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder 'n slawejuk laat indwing nie.

Listen to the radio broadcast of

Moenie jou Vryheid Prysgee Nie


Download audio file

Vryheid is een van daardie begrippe waaroor baie mense hulle eie opinies het. Vryheid klink so edel dat ons dit almal begeer. Maar ongelukkig is die konsep van vryheid deur ‘n selfsugtige, misleidende wêreld gekaap.

Hier in die 21ste eeu, is die idee van absolute morele beginsels, van ‘n almagtige God, en die idee dat daar iets soos “sonde” bestaan… vir baie mense absoluut lagwekkend. Die wêreld kyk daarna en dink by homself, enigiemand wat dít glo, is heeltemal gek.

En weet jy, selfs groot dele van die kerk is daarop ingestel om daardie morele opdragte, tot op ‘n punt waar hulle betekenisloos word, af te water.

Maar God het elkeen van ons so lief, dat Hy ons uiteindelik konfronteer met die realiteit van die verskriklikheid van ons sonde. Hy leer ons wie Hy is en wat Jesus gedoen het om ons van daardie sonde vry te maak. Maar ‘n diep oortuiging van ons sondige rebelsheid gee ons ‘n nuwe geleentheid om te kies – óf ons die vergifnis waarvoor Christus sy lewe gegee het, gaan aanvaar en óf ons op ons eie sondige paadjie wil voortgaan.

Dit was vir my ‘n moeilike keuse om te maak, want my sonde was so groot. Die goeie nuus is dat, soos Dane Ortlund, ‘n Presbiteriaanse pastoor, dit stel: Jesus staan ons by téén ons sonde, nie teen óns as gevolg van ons sonde nie.

Voorwaar goeie nuus! Maar nou is die vraag, hoekom sal ons terugval in ons sonde? Waarom sal ons dan ons vryheid prysgee en terugkeer na die boosheid van dít wat ons eens gedoen het, nadat ons die genade en barmhartigheid van God in Jesus Christus ontvang het? Kyk wat staan in:

Galasiërs 5:1 Christus het ons vrygemaak om werklik vry te wees. Staan dan vas in hierdie vryheid en moet julle nie weer onder ‘n slawejuk laat indwing nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.