... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Oorbrug die Gaping

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 17:24 ʼn Verstandige mens hou hom besig met wysheid, maar 'n dwaas se gedagte dwaal doelloos rond.

Listen to the radio broadcast of

Oorbrug die Gaping


Download audio file

O, ek weet dat God eendag ‘n kragtige werk deur my gaan doen. Eendag gaan Hy my na daardie ver land stuur om dit of dat te doen. Wonderlik. Ek kan nie wag nie. Eendag …

Het jy al ooit in jou hart die begeerte gehad om die wêreld vir Christus te beïnvloed? Om kragtig deur God gebruik te word, om die een of ander magtige werk te doen wat mense na hul asems sal laat snak?

Ek onthou hoe ek daardie wonderlike drome gedroom het en dit is ‘n goeie ding. Ons moet groot drome droom. Ons dien immers ‘n groot God, nè?

Maar daar is ‘n groot gaping tussen om te droom en te doen. Ja, ‘n taamlike groot een. Dis eintlik ‘n gapende kloof, tussen drome aan die een kant en die werklikheid aan die ander kant. Dit is ‘n gaping wat baie Christene nooit oorbrug nie. Hulle hou net aan met droom en uiteindelik word daardie drome muwwerig. Hulle word verouderd en dan verdwyn hulle. Hoekom gebeur dit?

Spreuke 17:24 ʼn Verstandige mens hou hom besig met wysheid, maar ‘n dwaas se gedagte dwaal doelloos rond.

As jy wil hê dat jou drome in werklikheid moet verander, moet jy aan die praktiese implikasies dink: Wat moet ek nou daaraan doen? Watter klein bydrae kan ek lewer? Met watter ander mense, wat ander Godgegewe gawes en vermoëns het, moet ek saamwerk? Hoe gaan ons hierdie taak befonds? Hoe kry ons dit aan die gang?

Alte seker moet dit alles met gebed en goddelike wysheid gedoen word. Maar dit is nie goed om jou te verbeel dat God jou na die uithoeke van die aarde sal neem, as jy nie sy wysheid gebruik om te beplan wat jy vandag reeds daaraan moet doen nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.