... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Stockholm- sindroom

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Petrus 2:19 Hulle belowe vryheid aan hierdie mense, al is hulle self slawe van die verderf; want as iets jou in sy mag het, is jy sy slaaf.

Listen to the radio broadcast of

Stockholm- sindroom


Download audio file

Dit is ongelooflik hoe ons na ‘n rukkie gewoond kan raak aan ongemak of teëspoed – tot op die punt waar ons dit nie eers meer agterkom nie; tot op die punt waar ons selfs so gewoond raak daaraan, dat ons dit nie eers meer wil prysgee nie. 

In 1973 het Jan-Erik Olsson tydens ‘n mislukte rooftog vier werknemers van ‘n groot Sweedse bank in Stockholm gyselaar gehou. Hy en sy vriend het hulle ses dae lank in een van die bank se kluise gevange gehou. Toe hulle vrygelaat is, wou nie een van die gyselaars in die hof teen hul ontvoerders getuig nie. In plaas daarvan, het hulle geld ingesamel vir die rowers se verdediging.

Dis waar die term “Stockholm-sindroom” ontstaan het. Dit beskryf die toestand waar gyselaars en hul gevangenes tydens gevangenskap’n sielkundige band met mekaar ontwikkel.

Dit is moeilik om te glo, is dit nie? Maar dit laat my wonder of dit nie die perfekte analogie is om ons verhoudingen gehegtheid aan die sonde wat ons gevange hou, te verduidelik nie. Dit kan selfs ons verhouding met die mense wat ons in daardie sonde gelei het, beskryf.

2 Petrus 2:19 Hulle belowe vryheid aan hierdie mense, al is hulle self slawe van die verderf; want as iets jou in sy mag het, is jy sy slaaf.

Dit is amper ondenkbaar dat ons so verslaaf kan wees aan die sonde wat ons lewens totaal verwoes en die potensiaal het om ons van ons ewigheid in die teenwoordigheid van God te beroof. Ja, maar dis ironies dat ons baie goed weet dat daar sonde in ons lewe is, wat inderdaad daardie mag oor ons het.

Maar hier is die goeie nuus. Jesus het gekom om jou vry te maak van die mag van sonde oor jou lewe – heeltemal vry! Moenie in die Stockholm-sindroom se strik trap nie. Gaan na Jesus, want wanneer Hy jou vrymaak, sal jy waarlik vry wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.