... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Aankondiging van Genade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 2:10-12 Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle 'n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal 'n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in 'n krip lê.”

Listen to the radio broadcast of

Aankondiging van Genade


Download audio file

Wanneer iemand iets vir jou doen wat jy nie verdien nie – ek bedoel waarlik nie verdien nie – is dit moeilik om dit te verstaan. Dit slaan jou asem weg, nie waar nie? Nou-ja, so was dit op daardie eerste Kersfees.

Stel jou voor jy leef in die eerste eeuse Israel. Jy voer waarskynlik ‘n hand in die tand bestaan sonder noodvoorraad om jou deur moeilike tye te laat oorleef. Om dinge boonop te vererger, beset die Romeine jou land. En die godsdienstige leiers, wat veronderstel is om vir jou te sorg, verryk hulself ten koste van jou, omdat hulle in baie gevalle kop in een mus met die Romeinse besetters is.

Jy is ‘n Jood wat onder God se wet, die Torah, soos dit genoem is, lewe, maar dit werk nie. Dis nie volmaak nie. Eintlik is dit ver van perfek. Jy is nie bewus daarvan nie, maar God is op die punt om sy plan vir hierdie wêreld te loods. Sy genadeplan. Sy barmhartigheidsplan. Sy reddingsplan vir jou. Hierdie plan is al van die begin af, deel van sy Raadsplan.

Hoe betree Hy hierdie wêreld? Hoe kondig Hy sy voorneme aan? Hy kom met ‘n skouspelagtige lig vertoning in die naghemel, na ‘n veld waar ‘n klomp skaapwagters hul kudde oppas.

Lukas 2:10-12 Toe sê die engel vir hulle: “Moenie bang wees nie, want kyk, ek bring vir julle ‘n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk bestem is. Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here! En dit is vir julle die teken: julle sal ‘n kindjie vind wat in doeke toegedraai is en in ‘n krip lê.”

Hoe kondig God vir jou sy verlossingsplan aan? Deur vir jou, ’n herder, te sê dat jy jou Verlosser sal vind. Waar? In ‘n krip, toegedraai in doeke. Dis hoe God sy genade aan jou aangekondig het, op daardie heel eerste Kersfees.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.