... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Begeerte na Genade

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 2:16 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Begeerte na Genade


Download audio file

Kersfees is ‘n spesiale tyd. ‘n Baie spesiale tyd. Maar dit is ook ‘n tyd wanneer ‘n effense onbetrokkenheid kan intree. Kom ons erken dit, ons het almal al soveel keer Kersfees gevier, dat dit moeilik is om weer daaroor opgewonde te raak.

Dit is waar. Vir baie, selfs Christene, verteenwoordig Kersfees weinig meer as ‘n breek van die rotresies, ‘n paar dae van uitspantyd. Kyk, ons ken die storie. Jesus is in ‘n stal in Bethlehem gebore, omdat daar nie plek by die herberg was nie. Hy is ons Verlosser en . . . Ja, ons weet dit alles. Laat ons dus nie te opgewonde raak nie – neem net ‘n blaaskans, rus en geniet ‘n yslike lekker Kersete.

Kan ek jou vandag versigtig maar baie dringend vra, is dit al wat Kersfees vir jou geword het?

Ons het die afgelope paar dae gesels oor God se genade deurdat Hy Jesus na hierdie wêreld gestuur het. Ons het gepraat van die herders in die veld en ‘n menigte engele in die lug wat Hosanna, Hosanna in die hoogste sing.

Dis tog nie alledaagse gebeure nie? Hoe het hulle gereageer nadat hulle oor die aanvanklike skok gekom het? Wat het hulle met hierdie goeie nuus gedoen? Ons sien in:

Lukas 2:16 Hulle het toe na die dorp toe gehardloop en vir Maria en Josef gekry, en die Kindjie wat in die krip lê. (NLV)

Daardie herders het God se genade tegemoet gehardloop. Hulle Messias is gebore. En hulle het gehardloop! Dit wys ons hoe groot die impak van die Goeie Nuus op hulle harte was. En hulle het hulle Verlosser gevind wat daar in ‘n morsige, stinkende, vuil krip lê. Dit was die oomblik van God se ontsagwekkende genade teenoor die mensdom, teenoor jou en my. Jesus in ‘n krip.

Moet dus nie net daar in jou alledaagse ou veld sit nie. Staan op. Hardloop. Hardloop na Jesus, God se onbegryplike genade vir jou. 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.