... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Behaag God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 19:15 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.

Listen to the radio broadcast of

Behaag God


Download audio file

Miskien is jy iemand wat God wil behaag, maar (en ek is seker jy het dit al self agtergekom) dit is nie altyd so maklik nie. Nouja … hoe lê jy ‘n stewige basis om dit te bereik; om werklik ‘n lewe wat God behaag, te lei?

So dikwels isoleer ons slegte gedrag en ons sonde ons van die werklikheid. Jy swig weer voor daardie een versoeking … en dit voel asof jy die enigste een is. Wel, kom ons maak vandag ‘n belangrike ontdekking: Jy is nie die enigste een nie!

Dit gebeur met enigiemand en almal wat hulle harte daarop fokus om Jesus te volg. Dit het selfs met die apostel Paulus gebeur. Hy skryf in Romeine 7:15: Ek verstaan my eie doen en late glad nie. Wat ek graag wil doen, laat ek na, maar wat ek verafsku, juis dit doen ek. (NLV)

Die vraag is, hoe verander ons dit? Hoe hou ons op om die sonde wat ons haat, te doen en begin ons om die goeie wat ons wil doen, te doen? Nouja, dit begin alles diep binne in ons harte.

Psalm 19:14 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.

Die dinge waaroor jy mediteer, is die dinge wat jy uiteindelik sal sê en doen. En hier spreek die psalmis ‘n diep begeerte uit, dat sy gedagtes en sy woorde aanneemlik vir sy Here, wat sy Rots en Verlosser is, sal wees.

Hoe gereeld bid jy dit? Hoe gereeld gaan jy na God toe, en bid hierdie woorde uit jou hart?

Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.

Vra God om jou te help om ‘n godvrugtige lewe te lei.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.