... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Besef Jy is Kosbaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 12:6,7 “Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

Listen to the radio broadcast of

Besef Jy is Kosbaar


Download audio file

Het jy al ooit soos weggooigoed gevoel? Het jy al gevoel asof die wêreld jou gekou en uitgespoeg het?! Al die ander mense is gelukkig en goed aangepas; hulle gaan aan met hulle lewens, maar jy … jy is daar buite op die vullishoop.

Dit hoef nie ‘n volskaalse, katastrofiese ramp te wees om ons so te laat voel nie. Daardie gevoel van waardeloosheid kan aan ons vreet, bloot omdat al die mense daar buite soveel meer effektief en meer suksesvol as ons lyk.

As ons na hulle kyk, lyk dit asof hulle lewens impak het en dan wonder ons of enigiets wat ons doen, hoegenaamd enige positiewe uitwerking op mense se lewens het. Ja, my vriend, daar is baie mense wat met sulke negatiewe gevoelens rondloop.

Of dalk is jy, so effens verby die fleur van jou lewe, as ek dit so mooi kan stel. Al daardie jongmense wat soveel slimmer, soveel vinniger lyk, hulle laat jou voel asof jy tegnologies agtergebly het, en dat hulle soveel beter as jy kan presteer.

Maar wag nou – as jy toelaat dat hierdie nare negatiewe gedagtes soos ‘n kanker aan jou vreet, kyk wat Jesus oor hierdie einste onderwerp sê in:

Lukas 12:6,7“Word vyf mossies nie vir twee sent verkoop nie? Tog word nie een van hulle deur God vergeet nie. Selfs die hare op julle kop is almal getel. Moenie bang wees nie. Julle is meer werd as baie mossies.”

Dis so ‘n eenvoudige prentjie, maar dis tog so kragtig. Dit is Jesus se boodskap vir jou. En weet jy, dit was nie net woorde om jou beter te laat voel nie, Hy was bereid om vir jou te sterf.

Hy het gegaan en Homself vir jou aan daardie Kruis laat spyker, sodat jy die ewigheid saam met Hom kan deurbring. Moet dus nie bang wees nie. Jy is vir Hom baie meer werd, as wat jy ooit gedink het.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.