... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Blokkeer Satan

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Listen to the radio broadcast of

Blokkeer Satan


Download audio file

Satan het ‘n brandende begeerte om nare speletjies met jou hart en jou verstand te speel. Moenie toelaat dat hy jou onverhoeds betrap nie, want hy is besig om jou van God af weg te trek en van Jesus af weg te lei. Nouja hoe hanteer jy dit?

Miskien glo jy dat die duiwel, Satan, die vader van leuens, ‘n persoonlike mag van boosheid in hierdie wêreld is … of, miskien nie. My gesonde verstand sê vir my dat as Jesus geglo het dat Satan bestaan, daar geen rede vir my is om daaraan te twyfel nie.

As ek om my rondkyk, sien ek sy vuil vingermerke oral in hierdie wêreld. Besef jy dat hy op ‘n missie is om jou weg te trek na ‘n ewigheid saam met hom en al sy demone in die hel en so om te verhoed dat jy jou kruis opneem en Jesus volg?

As jy al ooit met Satan gestoei het, sou jy ontdek het dat hy ‘n sluwe ou siel is; dat hy in staat is tot gewetenlose agterbaksheid waarvan ek en jy nooit eers gedroom het nie. Nouja, hoe kan jy dan sy bose strikke vermy, as dit nutteloos lyk om teen hom te probeer veg?

Jakobus 4:7 Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Die antwoord is om jou allereers aan God te onderwerp; deur te bid en die begeertes van jou hart aan sy voete te lê; deur Hom te eer; sy onderrig te eerbiedig; op sy vermaning te let; deur Hom bemoedig te word en om sy waarheid te ontdek wanneer jy jouself in sy Woord ingrawe en daarin verlustig. Dan … dan sal jy alles hê wat nodig is om die duiwel te weerstaan. Dan sal hy van jou wegvlug.

Soos Billy Graham dit eenkeer gestel het: Die beste raad is om jou met die Woord van God te vul en jou gedagtes elke dag te vernuwe. Wanneer ons gedagtes op Christus is, het Satan bitter min beweegruimte.

Onderwerp julle dan aan God; weerstaan die duiwel, en hy sal van julle wegvlug.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly