... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Bring Vertroosting

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Konings 19:5,6 Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud 'n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!” Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is, en 'n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.

Listen to the radio broadcast of

Bring Vertroosting


Download audio file

Soms kan jy jouself in ‘n diep, donker gat bevind. Dit is maar die verloop van die lewe. Ja, daardie gate kom in baie verskillende vorms en groottes voor, maar hulle is altyd diep en altyd donker.

Wanneer laas het jy jouself in daardie gat bevind? Was dit as gevolg van jou eie dom besluit? Of dalk was dit as gevolg van omstandighede buite jou beheer in ‘n wêreld wat net sommer onregverdig is?

‘n Diep, donker gat is steeds ‘n diep, donker gat. Dit maak nie saak wat die oorsaak is nie. En dan kom mense met goeie bedoelings om vir jou te preek of om jou selfs te blameer.

Maar wanneer een van God se kinders so voel, is God daar met ‘n ander oplossing:

1 Konings 19:5,6 Toe gaan hy lê en hy het daar onder die besembos aan die slaap geraak. Toe hy hom weer kom kry, skud ‘n engel aan hom en sê: “Word wakker! Eet!” Toe hy opkyk, sien hy by sy kop roosterkoek wat op warm klippe gebak is, en ‘n kruik water. Hy het geëet en gedrink en weer gaan lê.

Iemand het eenkeer gesê: toe Elia met depressie gesukkel het, het God nie ‘n engel gestuur om vir hom te preek en om hom te vertel om meer te bid of om hom te veroordeel oor hoe hy gevoel het nie; Hy het ‘n engel gestuur om hom te troos terwyl hy gerus het.

Maar weet jy, daardie persoon in jou lewe wat seerkry, die een wat verlies ly, het vertroosting nodig. En daar sal tye in die nabye toekoms wees, wanneer die engel wat God vir hulle stuur, jy of ek is.

Sommige mense moet net vertroos word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.