... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Deur Geloof Vrygespreek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.

Listen to the radio broadcast of

Deur Geloof Vrygespreek


Download audio file

Het jy al ooit, wanneer jy die verkeerde ding gedoen het, probeer om jou optrede – voor mense en in jou eie oë te regverdig? Dit word selfregverdiging genoem. Hoekom dink jy, doen ons dit?

Dis ‘n interessante vraag. Hoekom probeer ons onsself regverdig wanneer ons iets verkeerd gedoen het? Want ons het ‘n sterk gevoel dat reg en geregtigheid moet geskied. Ons wil mos altyd reg wees. En ons wil hê dat die mense moet dink wat ons gedoen het, heeltemal reg is, selfs al was dit nie reg nie.

Hoekom praat ons in die dae voor Paasfees hieroor? Want die geskenk van die Kruis waarop Christus gekruisig is … is regverdiging. Hoe kan dit wees? Kyk wat staan in:

Romeine 5:1 God het ons dan nou vrygespreek deurdat ons glo. Daarom is daar nou vrede tussen ons en God deur ons Here Jesus Christus.

Wanneer jy die woord “daarom” in die Skrif sien, moet jy jouself afvra, hoekom is die “daarom” daar …? En in hierdie geval verwys die apostel Paulus, na die vorige hoofstukke, waarin hy verduidelik het dat ons sondes volkome vergewe is deur ons geloof in wat Jesus vir ons aan die Kruis gedoen het, omdat sy offer die prys wat geregtigheid geëis het, betaal het.

Wanneer ons iets verkeerd gedoen het, het ons geen vrede nie, nè? Daarom probeer ons onsself regverdig, in ‘n poging om daardie vrede terug te kry. Om die waarheid te sê, hunker ons na regverdiging, en die vrede wat dit bring.

Maar as ons ware regverdiging wil hê, dit wil sê om sonder enige gevoel van skuld, sonde of minderwaardigheid voor God te kan staan – ware vrede te hê… is daar net een manier. Deur ons geloof in Jesus, wat reeds die prys vir ons sonde betaal het, te plaas.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly