... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Evangelie Word Verflou

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Johannes 3:19-21 En so kom die skeiding: die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

Listen to the radio broadcast of

Die Evangelie Word Verflou


Download audio file

Daar is deesdae baie druk op Christene om hul geloof –  hul begrip van die Evangelie van Jesus Christus – in ‘n nuwe baadjie te klee; hulle moet die ‘outydse interpretasie’ aanpas by die hedendaagse sosiale en morele tendense. Dit skep baie spanning.

Toe ek aanvanklik in Jesus begin glo het, het alles so eenvoudig gelyk: die Goeie Nuus dat sy dood vir my sondes betaal het; dat ek vergewe is deur Sy lyding en ‘n nuwe lewe ontvang het – ‘n ewige lewe, deur Sy opstanding…. Dit was eenvoudig: Wat God gesê het, is goed, was goed. En dit wat Hy gesê het verkeerd was, was verkeerd. Ondubbelsinnig … en eenvoudig.

Maar redelik gou het ek ontdek dat diegene wat nie in Jesus glo nie, nie heeltemal tevrede was met my eenvoudige wêreldbeskouing nie. Daar was groot dele daarvan wat hulle aanstoot gegee het. En so het die druk begin om kompromieë aan te gaan oor hierdie suiwer en eenvoudige waarheid. Die Evangelie moet so verflou word, dat dit hulle sonde makliker kan akkommodeer.

Maar Jesus het self in 

Johannes 3:19-21 gesê… die lig het na die wêreld toe gekom, en tog het die mense eerder die duisternis as die lig liefgehad, want hulle dade was sleg. Elkeen wat kwaad doen, haat immers die lig en kom nie na die lig toe nie, sodat sy dade nie aan die kaak gestel moet word nie. Maar wie volgens die waarheid handel, kom na die lig toe, sodat dit duidelik kan blyk dat sy dade in gehoorsaamheid aan God gedoen is.”

Kom ons verstaan dit mooi. Toe Jesus saam met sondaars gekuier het, het hulle verander. Hy het nie. Moet dus nie die Evangelie verflou en versag nie. Moenie jou lig verdof nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy