... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die ‘God is Nêrens te Vinde Nie’-gevoel. . .

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Job 23:8 -11 Maar gaan ek na die ooste toe, Hy is nie daar nie, na die weste, ek kry Hom nie. Sou Hy in die noorde aan die werk wees, ek vind Hom nie daar nie, sou Hy na die suide toe draai, ek sien Hom nie. Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud. Ek volg Hom waar Hy gaan, ek hou op sy pad en draai nie af nie.

Listen to the radio broadcast of

Die ‘God is Nêrens te Vinde Nie’-gevoel. . .


Download audio file

Ons het almal dae wanneer dit vir ons lyk asof God uit ons lewens verdwyn het. In teorie mag jy heel moontlik glo dat Hy jou nooit sal begewe of verlaat nie. Maar in die praktyk, nou-ja, waar is Hy dan? Hoekom voel ek so alleen in hierdie wêreld?

Dit lyk dalk vir jou gek dat ek, ‘n Bybel onderwyser, vir jou sou vertel dat dit met my ook gebeur. Jy’s dan Berni, die ou wat ‘n noue verhouding met God het?

Maar kom ek vertel jou baie eerlik dat ek ook soms voel “asof God nêrens te vinde is nie.” Dit is ‘n universele ervaring. Maar, ons weet tog God is natuurlik steeds by my en by jou. Dis tog sy belofte.

Maar elke nou en dan neem Hy ‘n tree terug en dan voel ons asof ons alleen is. In moeilike tye voel ons so ongelooflik geïsoleer. Job in die Ou Testament het verskriklike lyding ervaar. Hy is geteister deur onbeskryflike rampe en soveel pyn. Kyk hoe hy hierdie desperate gevoel van isolasie gestel het in:

Job 23:8 -11 Maar gaan ek na die ooste toe, Hy is nie daar nie, na die weste, ek kry Hom nie. Sou Hy in die noorde aan die werk wees, ek vind Hom nie daar nie, sou Hy na die suide toe draai, ek sien Hom nie. Hy ken my pad; as Hy my toets, is ek suiwer soos goud. Ek volg Hom waar Hy gaan, ek hou op sy pad en draai nie af nie.

Waarom tree God van tyd tot tyd terug? Dit is om ons te toets, om seker te maak dat ons soos goud gelouter word. Moet nooit ophou om Hom te volg nie. Selfs wanneer jy Hom nie sien nie, is Hy altyd net daar by jou.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.