... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Heel Belangrikste Ding

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 15:3-6 Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, soos in die Skrif staan. Verder dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf apostels. Daarna het Hy aan meer as 500 van sy volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog, maar party is reeds dood.

Listen to the radio broadcast of

Die Heel Belangrikste Ding


Download audio file

Wat is die geskenk van die ewige lewe vir jou werd? Dink daaraan. Neem jou fokus vir ‘n oomblik af van die wisselvallighede van vandag en fokus op die geskenk van die ewige lewe. Wat is dit regtig vir jou werd?

Hopelik is die belofte van ‘n ewigheid in God se teenwoordigheid vir jou nogal baie werd. Maar dit is nie ‘n geskenk wat sommer net aan almal oorhandig sal word nie. Dit sal nie aan jou gegee word bloot omdat almal van jou gehou het, of gedink het jy is slim en eerlik en ordentlik nie. Dit sal nie vir jou gegee word net omdat jy nie gesteel of gelieg het, of gehaat, of vermoor het nie.

Die geskenk van die ewige lewe is slegs vir die een wat glo dat Jesus die Seun van God is, dat Hy gesterf het om vir hulle sondes te betaal en dat Hy weer opgestaan het om aan hulle ‘n nuwe lewe te gee, wat tot in alle ewigheid sal voortduur. Dit is hoe die apostel Paulus dit gestel het in:

1 Korintiërs 15:3-6 Die kern van die boodskap wat ek destyds aan julle deurgegee het, en wat ek weer van hulle voor my ontvang het, was dat Christus, soos in die Skrif staan, vir ons sondes gesterf het. Ook dat Hy begrawe is en God Hom op die derde dag opgewek het, soos in die Skrif staan. Verder dat Hy aan Petrus verskyn het en daarna ook aan die twaalf apostels. Daarna het Hy aan meer as 500 van sy volgelinge tegelyk verskyn. Van hulle leef die meeste nou nog, maar party is reeds dood.(NLV)

Paulus noem hierdie gedeelte die kern van die boodskap … en dit is. Ek weet, ek weet, jy is so besig en jy het op die oomblik soveel dinge aan die gang in jou lewe. Maar tensy jy jou geloof in Jesus stel, sal daardie gawe van die ewige lewe nie joune wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.