... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Here is Betroubaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

2 Tessalonisense 3:3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Die Here is Betroubaar


Download audio file

Gister het ek ‘n bietjie vertel van wat alles betrokke is by die vervaardiging van hierdie daaglikse boodskappe en wat dit verg om dit aan letterlik miljoene mense dwarsdeur die wêreld, wat dit elke dag kyk, luister of lees, beskikbaar te stel.

Ek deel dit nie om te spog nie. Nee, beslis nie – ons het baie foute langs die pad begaan! Nee, ons roem op die Here, in dit wat Hy deur FRESH /VARS gedoen het, maar nog belangriker, op dit wat Hy in staat is om in jou lewe te doen.

2 Tessalonisense 3:3 Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar. (NLV)

Waarom begin hierdie vers met die woord “Maar”? Wel, dit volg op wat die apostel Paulus in die vorige gedeelte geskryf het oor sy bediening, waar hy deur baie lyding die goeie nuus van Jesus dwarsdeur die bekende wêreld verkondig het.

Ons weet tog almal dat nie alle mense ontvanklik vir die Goeie Nuus van die Here is nie. Ons het net gister gelees: nie alle mense kan vertrou word nie. Glo my, ons ervaar dit daagliks. Die klein Christianityworks-spannetjie wat hierdie boodskappe in 11 tale, onder andere in Afrikaans, vervaardig, ondervind groot teenstand – in sommige lande vervolging, selfs lewensgevaar, terugslae en aanvalle van die vyand.

Maar die Here is getrou! Hy sal julle sterk maak en van die Bose bewaar.

Ek wil vandag vir jou sê dat dit ook op jou lewe van toepassing is. Dit maak nie saak watter teenstand jy in die gesig staar nie, dit maak nie saak met watter probleme jy worstel nie, dit maak nie saak hoe moeilik dit op die oomblik gaan nie. 

Maar die Here is getrou! Hy sal jou sterk maak en van die Bose bewaar.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.