... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Lewe is Deurmekaar

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Markus 8:11-13 Daar kom toe Fariseërs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom 'n wonderteken uit die hemel hê. Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag 'n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie 'n teken gegee word nie.” Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan.

Listen to the radio broadcast of

Die Lewe is Deurmekaar


Download audio file

As jy soos ek is, hou jy van ‘n bietjie orde in jou lewe. Ek dink ons almal hoop dat die lewe sal sin maak; dat dit voorspelbaar sal wees; dat mense dinge vanuit ons perspektief sal sien en op ons sal reageer soos ons van hulle verwag. Of hoe sê ek?

Maar nee, die lewe is ongelukkig nie altyd so nie. Neem Jesus as voorbeeld. Al wat Hy ooit gedoen het, was goeie goed. Hy het melaatses en blindes en bloeiende vroue genees. Hy het die genade van God aan sondaars en uitgeworpenes bewys. Hy het gepreek met krag en ‘n plat-op-die-aarde logika wat mense ongelooflik diep geraak het. Tog was die godsdienstige leiers nie tevrede nie.

Markus 8:11-13 Daar kom toe Fariseërs wat met Jesus begin redeneer. Om Hom op die proef te stel, wou hulle van Hom ‘n wonderteken uit die hemel hê. Hy het diep gesug en gesê: “Waarom wil hierdie geslag ‘n teken hê? Dit verseker Ek julle: Aan hierdie geslag sal beslis nie ‘n teken gegee word nie.” Hy het hulle daar laat staan, weer in die skuit geklim en na die oorkant van die see toe gegaan.

Hoe vermetel! Hulle moes Hom toets? Hulle kon net nie al die goeie goed wat Hy doen erken en soos al die ander mense net verbaas en ontroer wees nie. Maar dit … dit is die prys wat gevra word om die Vader te volg.

Mandy Smith, ‘n kunstenaar, skrywer en pastoor, stel dit so: Jesus het oor stofpaaie geloop, Hy het deur modderige poele geswoeg, Hy het duisende vieslike hande aangeraak. Hy het tafels omgekeer en gevestigde idees … én die dood ‘n finale nekslag toegedien.

Klink dit na ‘n goed geordende, veilige, voorspelbare lewe? Beslis nie! Wanneer jy kies om Jesus te volg, moet jy weet dat die lewe wanordelik gaan word.

Raak gewoond daaraan. Dit is die prys om Koninkryk sake te doen.

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly