... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Tweede Versoeking

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:5-7 Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele oor jou opdrag gee “en: “Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen 'n klip sal stamp nie.” Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

Listen to the radio broadcast of

Die Tweede Versoeking


Download audio file

Was jy al ooit in die versoeking om God op die proef te stel? Wanneer jy ‘n moeilike tyd beleef, neem jy die bokshandskoen en sit dit voor sy voete neer. “Here, dis nou die tyd om te bewys of U my regtig liefhet.”

Dit klink nogal logies en redelik, nè? God is lief vir my, ek het seer, Hy moet dus intree en dinge regmaak om my lyding te beëindig. Here, ek weet sommer dat as U nie opdaag nie, ek heeltemal ineen sal stort en uitbrand. Dis mos hoe dit werk, nè?

As die duiwel jou verlei om iets te doen, moet jy mos dadelik hond se gedagte kry! Dit moet ‘n ernstige waarskuwingsein wees, nie waar nie? Toe Jesus vir veertig dae in die woestyn nie geëet het nie, het die duiwel gekom en Hom versoek om God op die proef te stel.

Matteus 4:5-7 Daarna neem die duiwel Hom na die heilige stad toe en laat Hom op die hoogste punt van die tempel staan en sê vir Hom: “As U die Seun van God is, spring af! Daar staan mos geskrywe: “Hy sal sy engele oor jou opdrag gegee” en: “Op hulle hande sal hulle jou dra, sodat jy nie jou voet teen ‘n klip sal stamp nie.” Jesus sê vir hom: “Daar staan ook geskrywe: Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

Waarom moet ons nie vir God op die proef stel nie? Omdat Hy altyd ‘n vaste doel met ons lyding het: Hy wil óf iets in ons, óf in iemand anders doen … iets wat nie onmiddellik vir ons duidelik is nie. Watter vermetelheid het ons om sy oppermag te bevraagteken en te eis dat Hy vir ons gemak en gerief van koers moet verander en sy doel moet laat vaar?!

Jy mag die Here jou God nie op die proef stel nie.”

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy