... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Die Vrede van God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 4:6,7 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Listen to the radio broadcast of

Die Vrede van God


Download audio file

Angs is van die vroegste tye af al ‘n chroniese toestand wat ontelbare, miljoene mense van die kwaliteit van lewe beroof. En in die tegnologiese, media-gedrewe wêreld waarin ons vandag leef, is daar bewyse dat dit meer intensief en meer vernietigend as ooit tevore is.

En, waaroor is jy nou angstig? Wat is daar wat besig is om aan jou siel te knaag en jou so te pla dat jy snags rondrol? Ja, natuurlik weet ek dat daar uitdagings in ons lewens is. En dit is ‘n natuurlike, menslike reaksie om jou oor hulle te bekommer.

Maar vir die persoon wat sy vertroue in Jesus gestel het, is dit beslis nie nodig om in ‘n konstante toestand van angs te leef nie. Kyk wat sê Paulus uit sy dodesel in:

Filippense 4:6,7 Moet oor niks besorg wees nie, maar maak in alles julle begeertes deur gebed en smeking en met danksegging aan God bekend. En die vrede van God wat alle verstand te bowe gaan, sal oor julle harte en gedagtes die wag hou in Christus Jesus.

Waaroor moet ons bekommerd wees? Niks!

Hoe kry ons God se vrede wanneer ons in ‘n probleemsituasie verkeer? Ons moet in elke situasie vir Hom vertel wat ons dink en nodig het – deur ons harte met dankbaarheid sonder om te mor en te kla, voor Hom uit te stort.

Maar hier is die gedeelte wat my regtig raak; dit oorweldig my gedagtes! As ons ons begeertes aan Hom bekend maak, dan sal sy vrede, die soort vrede, wat te midde van ons omstandighede nie sin maak nie, nie slegs ons harte vul nie – maar ons harte bewaar van enigiemand en almal (die duiwel inkluis) wat ons wil beroof van hierdie Godgegewe, Heilige-Gees-bemagtigde vrede.

My vriend, luister mooi. Dit is God se beproefde en bewese belofte aan jou. ‘n Vrede wat alle verstand te bowe gaan is joune.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.