... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dis Nie ‘n Gemaklike Lewe Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:23,24 Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.

Listen to the radio broadcast of

Dis Nie ‘n Gemaklike Lewe Nie


Download audio file

Het jy al ooit die verslag van Jesus se openbare bediening in die Evangelies gelees? Dit is nogal opwindend, nè? Daar was genesings, duiwels is uitgedryf, skares het Hom gevolg en daar was wonderlike prediking. Dit was iets besonders, maar daar skuil veel meer daar agter. . .

Ja, dit was opwindend. Wanneer die krag van God in hierdie een Man, Jesus, die Seun van God, na vore gekom het, was dit altyd baie opwindend.

Matteus 4:23,24 Hy het toe in die hele Galilea rondgegaan en die mense in hulle sinagoges geleer, die evangelie van die koninkryk verkondig en elke soort siekte en kwaal onder die volk gesond gemaak. En berigte oor Hom het deur die hele provinsie Sirië versprei. Die mense het toe die siekes met allerhande kwale en pyne, dié wat in die mag van bose geeste was, geestelik versteurdes en verlamdes na Hom toe gebring, en Hy het hulle gesond gemaak.

En vandag nog sien ons somtyds daardie wonderbaarlike krag wat deurbreek. Maar die gevaar is dat ons voortdurend die opwindende ervarings, wat ons eredienste meer en meer opwindend maak; die flitse, die knalle en die sterretjies, najaag. Ons wil gereeld opwindende ervarings hê as ons Jesus volg.

Maar wag ‘n bietjie en kyk na sy openbare bediening. Hy en sy dissipels het honderde kilometers gestap – deur die reën en sonskyn, in hitte en koue, oor heuwels en dale. Soms het mense vir hulle slaapplek gegee. Ander kere het hulle op die harde grond in die oopte geslaap.

C.S. Lewis het dit so gestel: Ek het my nie na godsdiens gewend om my “gelukkig” te maak nie, ek het altyd geweet ‘n bottel Port sou dit kan doen. As jy ‘n godsdiens wil hê om jou regtig gemaklik te laat voel, beveel ek beslis nie die Christelike godsdiens aan nie.

Moenie verwag dat jou reis saam met Jesus ‘n maklike een sal wees nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.