... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dood Waar is jou Oorwinning?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 15:54-58 En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie.

Listen to the radio broadcast of

Dood Waar is jou Oorwinning?


Download audio file

Terwyl ons liggaam op pad is na sy onvermydelike einde, het ons talle skete en pyne – in ons verhoudings, in ons harte en selfs in ons lywe. Dis waar, emosioneel en fisies maak dinge soms seer. 

Ek is seker jy is al deur tye in jou lewe (of miskien gaan jy op die oomblik deur een) waar alles voel asof dit op pad is na ‘n nare afgrond. Miskien is dit op die oomblik net tydelik. Dit hou net vir ‘n rukkie aan en dan is dinge weer beter. Maar uiteindelik, soos jy ouer word, word dit nie so maklik nie. Miskien is die graf op die ou end al wat daar is.

Wel, miskien is dit, tensy jy natuurlik in Jesus glo.

1 Korintiërs 15:54-58 En wanneer hierdie verganklike liggaam met die onverganklike beklee is, en hierdie sterflike liggaam met die onsterflike, dan sal die woord wat geskrywe staan, vervul word: “Die dood is vernietig, die oorwinning is behaal.” “Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” Die angel van die dood is die sonde, en die sonde kry sy krag uit die wet van God. Maar ons dank God dat Hy aan ons die oorwinning gee deur ons Here Jesus Christus. Daarom, liewe broers, wees standvastig, onwankelbaar, altyd oorvloedig in die werk van die Here, omdat julle weet dat julle inspanning in diens van die Here nie tevergeefs is nie. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.