... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Een Siel op ‘n Slag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Kolossense 1:28 Juis Hom verkondig ons! Ons doen dit deur elke mens te waarsku en met alle moontlike wysheid te onderrig. So wil ons graag elke mens in ’n volmaakte verhouding met Christus voor God laat staan.(NLV)

Listen to the radio broadcast of

Een Siel op ‘n Slag


Download audio file

Indien jy daagliks by my aansluit vir hierdie FRESH of VARS-boodskap – hetsy per e-pos of op televisie, oor die radio of deur een van die vele digitale kanale – het jy al ooit gewonder hoekom ek dit doen?

Dit is ‘n vraag wat ek myself gereeld afvra; want ek is die enigste ou wat hierdie boodskappe 365 dae per jaar skryf en opneem, en ek wil nie my tyd of joune mors nie. Dit sal ‘n tragedie en so ‘n enorme vermorsing wees, as jy dink aan al die harde werk wat in die produksie van hierdie daaglikse boodskappe, wat oor die hele wêreld gestuur word, ingaan.

Maar dit is nie nutteloos nie, want hier is die antwoord; hier is die rede waarom ons hier by Christianityworks doen wat ons doen, deur elke dag hierdie VARS-boodskappe te vervaardig, uit te saai en te publiseer:

Kolossense 1:28 Juis Hom verkondig ons! Ons doen dit deur elke mens te waarsku en met alle moontlike wysheid te onderrig. So wil ons graag elke mens in ’n volmaakte verhouding met Christus voor God laat staan. (NLV)

Ek is passievol daaroor om te sien hoe jy – ja, jy, nader en nader aan Jesus kom in ‘n ryk en kragtige verhouding, wat jou lewe sal transformeer. Dit sal jou in staat kan stel om ander persone in jou leefwêreld van Jesus te vertel – om hulle te help om dieselfde ding te doen.

Kan ek jou vandag aanmoedig om ‘n man of vrou van God se Woord te wees. ‘n Persoon wat diep in sy wysheid en raad gedelf het, sodat jy en dié om jou, eendag voor God kan staan as mense met volwasse verhoudings met Jesus Christus.

Want dit, my vriend, … dit is die enigste manier waarop ons, die wêreld gaan verander. Een siel op ‘n slag.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.