... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Dis Regtig Baie Eenvoudig

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 4:8 Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Dis Regtig Baie Eenvoudig


Download audio file

Het jy al opgelet hoe moeilik mense kan wees? Ek bedoel, regtig, regtig moeilik. Soms irriteer hulle ons. Ander kere is dit baie erger. Maar sê my, hoe gereeld gaan ons uit ons pad om aan daardie moeilike mense ‘n bietjie vriendelikheid, ‘n bietjie liefde te bewys, hm?

Baie van ons, ek inkluis, is geneig om die lewe teen honderd kilometer per uur te leef. Natuurlik is nie almal so nie. Maar selfs al het jy ‘n meer rustige ritme in jou daaglikse bestaan, is dit steeds ongelooflik maklik om selfbehep te wees; om die welsyn van diegene rondom jou te ignoreer.

En ek sal bely daar was tye in my lewe toe ek so selfbehep was; toe ek daardie mense om my nie as mense nie, maar as voorwerpe behandel het. Ek was so behep met my eie groot drome wat ek gedroom het oor wat ek vir God kan doen.

Waar jy ook al op jou geestelike reis is, wat ook al jou lewenstempo, in watter lewensfase jy jou ook al bevind, en wat ook al jou houding teenoor die lewe mag wees, kom ons staan stil en steek hand in eie boesem:

1 Petrus 4:8 Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. (NLV)

Die belangrikste van alles, belangriker as enigiets anders wat julle doen … wees innig lief vir mekaar. Bewys onselfsugtige liefde, selfs aan mense wat jou seermaak of irriteer, want daardie liefde sal ‘n menigte sondes bedek. 

Daardie liefde sal genesing en hoop, geduld en vrede bring.

Die skrywer en spreker, Amy Klutinoty, som dit so op: “Wanneer, die opdrag om die persoon voor jou lief te hê, vir jou nie as ‘n belangrike bedieningsgeleentheid lyk nie, dan het jy die eenvoud van die Evangelie vergeet.”

Dit is regtig so eenvoudig.

Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê. Sulke liefde maak baie sondes toe. (NLV)

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.