... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Geniet Sonder Om Te Kla

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 2:14,15 Doen alles sonder kla of teëpraat. Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld

Listen to the radio broadcast of

Geniet Sonder Om Te Kla


Download audio file

Jy weet hoe dit gaan. Alles gaan klopdisselboom met nege uit die tien belangrike dinge in jou lewe – jou verhoudings, gesondheid, finansies. . .Maar daar is daardie een vlieg in die salf, wat jou soveel hartseer veroorsaak.

En jy weet wat daardie vlieg veroorsaak nè? Ons wil kerm en kla oor daardie een ding, terwyl ons heeltemal perspektief verloor op die nege uit die tien ander dinge in ons lewens, wat so wonderlik goed verloop. Hoekom doen ons dit? Ja, ek dink dis seker maar ons menslike natuur.

Dit kom soos ‘n teregwysing wanneer jy na Jesus kyk en besef dat Hy nie een keer oor sy lewe gekla het nie. Hy het soms sy dissipels vermaan. Ander kere het Hy die godsdiensleiers van sy dag gekritiseer. Maar sê my, kan jy aan een geval dink waar ‘n enkele gekerm oor sy lippe gekom het? Ek kan nie aan een dink nie.

Selfs nie eers toe Hy deur Judas verraai is, onregverdig verhoor, geslaan, uitgeskel en uiteindelik aan ‘n kruis vasgespyker is nie. Nie een keer nie! Voel jy nie asof jy jou kop in skaamte moet laat sak oor jou kroniese en belaglike gekerm en gekla nie? Kyk wat staan in:

Filippense 2:14,15 Doen alles sonder kla of teëpraat. Sorg dat julle bo alle verdenking staan en opreg bly, onberispelike kinders van God te midde van ontaarde en korrupte mense. Tree onder hulle op as ligdraers in die wêreld.

Wat moet ons sonder om te kla of te stry, volgens God doen? Absoluut alles! En hoekom moet ons alles so doen? Sodat ons onberispelik en rein sal wees, kinders van God, ligdraers in die wêreld, sonder vlek of rimpel.

Laat ons vandag saam hierdie openbaring omhels. Dit maak nie saak hoe moeilik dinge raak nie, dit maak nie saak hoe onregverdig dit mag lyk nie, hou op met jou gekerm, hou op om te kla, hou op om te stry … skei uit daarmee en spring aan die werk!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly