... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Herskeppende Krag

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Handelinge 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Listen to the radio broadcast of

Herskeppende Krag


Download audio file

Het jy al ooit gevoel jy is nie goed genoeg om ‘n volgeling van Jesus Christus te wees nie? Het jy al ooit gevoel dat jy misluk het omdat jy nie in staat was om jou geloof met iemand, wat vyandig teenoor God gesind is, te deel nie? Ja, ek het ook.

Ek dink nie daar is ‘n enkele persoon wat in Jesus glo, en Hom liefhet en besluit het om Hom alleen te volg, wat nie ontoereikend gevoel het wanneer hulle die Evangelie moet deel nie. Maar soos ons nou die dag gesien het, het Jesus vir Sy dissipels gesê in:

Markus 16:15 Gaan uit, die hele wêreld in, en verkondig die evangelie aan die hele mensdom.

Dit was nie net ‘n aanbeveling nie. Dit was ‘n opdrag. Soos D.L. Moody dit gestel het, die Skrif is nie vir ons gegee vir ons inligting nie, maar vir ons transformasie.

En indien jy oorweeg om jou geloof in Jesus hierdie Kersfees met ander te deel, is dit daardie transformasie waaroor ek vandag met jou wil gesels. Jesus het sy dissipels nie alleen en ongewapen uitgestuur op die slagveld om ‘n onverskillige wêreld van Hom te vertel nie. Nee! Hy het hulle transformerende krag belowe. Ons lees in: 

Hand 1:8 Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld.”

Al is jy verskriklik lief vir Christus, en al het jy het die begeerte om te getuig, maar jy voel skaam en onsekerheid (kom ons erken dit maar) jy vrees  … onthou dat jy nie alleen is nie. Die Heilige Gees self sal jou die moed, die sensitiwiteit, die wysheid, die woorde en die krag gee om vir diegene wat nog nie van Jesus weet nie, alles van Hom te vertel.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.