... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe lank O God?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 35:17 Hoe lank, Here, sal U dit duld? Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mense wat my soos leeus bedreig.

Listen to the radio broadcast of

Hoe lank O God?


Download audio file

Teëspoed is deel van die lewe. Niemand sal dit betwis nie. Maar as teëspoed na ons kant kom, behandel ons dit skielik asof dit die abnormaalste ding is wat nog ooit met ons kon gebeur. Hoekom doen ons dit?

Het jy al ooit opgemerk dat as dit buite koud en nat is, en jy binne lekker knus na ‘n goeie film op televisie sit en kyk, hoe vinnig drie ure omgaan? Die tyd vlieg letterlik verby.

Maar as jy in pyn verkeer; koud en nat is; jy onder druk verkeer; of eensaam is; of seermaak voel – dan voel drie ure soos ‘n absolute ewigheid. ‘n Enkele dag kan voel asof dit nooit end kry nie.

Wanneer jy dus deur ‘n woestynervaring gaan, iets wat ons almal maar te goed ken, is een van die grootste vrae: “Hoe lank Here? Hoe lank?”

Koning David was presies in daardie posisie en hy het presies daardie vraag gevra in:

Psalm 35:17 Hoe lank, Here, sal U dit duld? Red my kosbare lewe van die aanslag van hierdie mense wat my soos leeus bedreig.

Dawid het dikwels in vrees vir sy lewe verkeer; al voordat hy koning van Israel geword het en ook daarna. Hoe meer jy oor hom lees, hoe meer sal jy agterkom hoe God daardie moeilike en gevaarlike tye gebruik het om sy karakter en sy geloof te ontwikkel.

Hoe lank? Gewoonlik is dit nie ‘n oomblik langer as wat God nodig het om te doen wat Hy beplan om te doen nie.

Die tydsberekening hang heeltemal van Hom af. Maar weet dit: Hy is in daardie situasie by jou. As jy Hom vertrou, sal Hy jou ‘n vrede en ‘n vreugde gee, wat eenvoudig nie sin maak nie.

Moenie wanhoop nie. Moenie moed opgee nie.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Sorry, no video available

Due to the 2020 COVID-19 situation there’s no video for this program. Enjoy the audio & text and remember, there’s lots more in the Media Lounge. Thank you for your understanding.

Visit the Media Lounge