... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Hoe Ver? Hoe Groot??

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 103:11,12 Want so ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien. So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.

Listen to the radio broadcast of

Hoe Ver? Hoe Groot??


Download audio file

Die lewe is geneig om, op een of ander manier, jou geloof af te takel. Daardie stampe en kneusplekke, die stres en spanning, en die modder wat die lewe na jou kant toe gooi, het elkeen maar ‘n manier om ons blik van Jesus af te trek en om ons te laat fokus op ons onmiddellike probleme.

Jy het dit ook al ervaar, nè? Maar aan die anderkant weet jy ook dat God jou so liefhet, dat Hy Jesus gestuur het om vir jou te sterf. Maar die lewe is en bly moeilik. Daar is wilde, deurmekaar dae, sieldodende dae vol sleurwerk en ander dae met ‘n paar prikkelende versoekings daar buite . . . wat almal saamsweer om jou blik van die wonderlike liefde van God weg te skeur.

Dit is tyd om stil te staan, tyd om te herfokus, tyd om God, die Heilige Gees, toe te laat om ons blik na Hom terug te bring. Kom ons lees wat staan in:

Psalm 103:11,12 Want so ver soos die hemele van die aarde af is, so groot is sy onfeilbare liefde teenoor hulle wat Hom dien. So ver as die ooste is van die weste, so ver verwyder Hy ons oortredings van ons.

Hoe groot is God se onfeilbare liefde teenoor jou? So hoog soos die hemel van die aarde af is. As jy met ‘n ruimteskip van hierdie aarde af opstyg om die hemel te probeer bereik, sal jy, behalwe vir ‘n hoogs onwaarskynlike kosmiese botsing, nooit aan die einde van die hemel kom nie. Dis hoe hoog dit is. Dit is hoe groot Sy onfeilbare liefde vir jou is.

Hoe ver het Hy jou sonde, jou aaklige oortredings, van jou verwyder? Wat is die kans dat ons twee sal ontmoet as jy oos sou gaan en ek wes! My vriend, dit maak nie saak wat die lewe na jou toe kant toe gooi nie, moet nooit God se oneindige liefde vir jou onderskat nie. Moet nooit die verskriklike groot prys, wat Jesus betaal het om jou oortredinge volkome en geheel en al van jou te verwyder, vergeet nie.

Jy is oneindig geliefd, jy is volkome vergewe … deur Jesus.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy