Hou Vas aan jou Hoop
We're glad you like it!
Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.
Hebreërs 10:23 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het

Myns insiens is daar niks lekkerder as om goeie nuus oor te dra nie. En vandag het ek nie net goeie nuus vir jou nie, ek het ontsettende goeie nuus vir jou. En my gebed is dat jy dit ter harte sal neem.
Soos ek verlede week genoem het, het een van ons luisteraars dringende raad en hulp gevra oor haar kwynende geloof. Sy het die begeerte om haar geloof weer te herstel en te laat bloei. Dit is waarom ons die afgelope paar dae daaraan gewerk het – deur die Woord van God oop te maak, sodat Hy oor daardie geloofsprobleem met ons kan praat.
Hierdie afkoelingsproses gebeur maar een of ander tyd met ons almal. Nouja, kom ons gaan voort met die volgende Bybelvers; die volgende boodskap, die volgende hulpmiddel wat God gebruik om jou geloof te versterk in:
Hebreërs 10: 23 Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het
Dit is maklik om te sê ons moet vashou aan die hoop en daardie hoop met oortuiging bely, maar dis amper onmoontlik om dit te doen wanneer dinge hopeloos voel, tensy jy ‘n rotsvaste anker het om jou hoop op te baseer. En net hier gee God jou daardie rede. Kyk weer … Laat ons styf vashou aan die hoop wat ons bely, want God is getrou: Hy doen wat Hy beloof het.
Hoekom kan jy vashou aan daardie hoop? Hoekom kan jy daardie hoop bely? Hoekom kan jy dit doen sonder om te wankel? Omdat God altyd getrou aan sy beloftes is. Hy is getrou om jou deur die offer van Jesus aan die Kruis van jou sonde skoon te was. Hy is getrou om jou tot aan die einde toe styf vas te hou.
In die Naam van Jesus: Hou vas, sonder om te wankel, aan die hoop wat jy bely.
Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.