... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Ignoreer Kultuur

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Matteus 4:17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Listen to the radio broadcast of

Ignoreer Kultuur


Download audio file

Myns insiens is die heel beste soort humor die soort wat jou laat lag maar ook stof tot nadenke bied; die soort wat snaaks is, maar terselfdertyd so na aan die waarheid kom dat dit jou tot in jou diepste wese skud.

Ek het onlangs daardie einste soort humor in ‘n boodskap op sosiale media raakgeloop. Dit was ‘n tekening van Jesus wat vir ‘n skare preek met hierdie Bybel versie daarby:

Matteus 4:17 Van toe af het Jesus begin preek en gesê: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Terwyl een ou in die skare vir die volgende ou sê: Vir die Seun van God is Hy nie baie verdraagsaam nie, is Hy?

Verdraagsaamheid teenoor alle dinge het die slagspreuk van die eeu geword. Jy moet volgens hedendaagse sosiale norme verdraagsaam wees teenoor mense met allerhande vreemde perspektiewe, alle lewenstyle, elke vorm van onsedelikheid en elke perversie, elke arrogansie, elke … wel. Ja, verdraagsaamheid, is beslis die modewoord van ons dag. Jy word verwerp indien jy letterlik net ‘n sweempie van onverdraagsaamheid teenoor die kultuur se standaarde toon, selfs wanneer daardie onverdraagsaamheid baie duidelik op ‘n bose ding gemik is.

Jesus se waarskuwing was beslis nie vir almal aanvaarbaar nie: “Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.” Daardie koninkryk waarvan Jesus praat, is die soewereine heerskappy van God oor hierdie aarde. Dit is God wat, volgens Jesus, die lewendes en die dooies sal oordeel en Hy wat die mense wat nie in sy Seun glo nie, sal stuur na ‘n Christuslose ewigheid wat die hel genoem word.

So, hoe pas jy dit in jou lewe toe? Wel, jy het ‘n keuse: jy kan Jesus sien as ‘n goeie persoon met ‘n paar wyse beginsels om volgens te leef. Of jy kan Hom heeltemal ignoreer, soos wat baie mense doen. Of jy neem sy aansporing en sy waarskuwing ter harte:

Bekeer julle, want die koninkryk van die hemel het naby gekom.”

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.