... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Opstandingsliggaam (2)

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Korintiërs 15:44-50 ‘n Natuurlike liggaam word gesaai, 'n geestelike liggaam word opgewek. Aangesien daar 'n natuurlike liggaam is, is daar ook 'n geestelike liggaam. So staan daar ook geskrywe: “Die eerste mens, Adam, het 'n lewende wese geword.” Die laaste Adam het die lewendmakende Gees geword. Die geestelike kom nie eerste nie maar die natuurlike, en daarna die geestelike. Die eerste mens is uit die aarde en is stoflik; die tweede mens is uit die hemel. Soos die stoflike mens was, so is ook die stoflike mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. Soos ons die beeld van die stoflike mens was, sal ons ook die beeld van die hemelse wees. Wat ek bedoel, broers, is dit: vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie. Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie.

Listen to the radio broadcast of

Jou Opstandingsliggaam (2)


Download audio file

Ek dink ons almal is dit eens dat ons ‘n fisiese liggaam van vlees en bloed het, maar dat daar ook diep binne-in ‘n geestelike dimensie is. Dis ‘n aspek, ‘n dimensie wat nie altyd so maklik is om te verstaan nie.

In hierdie lewe is ons in die eerste plek fisiese wesens en dan kom ons gedagtes en emosies by. Wanneer iemand nuut in ‘n vertrek instap, oordeel ons hulle op grond van hoe hulle lyk en dan op grond van wat hulle sê en doen. Dit is die nalatenskap van Adam (en Eva) natuurlik.

Maar as jy in Jesus glo, dan sal jou opstandings-liggaam, wat vir ewig joune sal wees, ‘n heel ander vorm hê.

1 Korintiërs 15:44-50n Natuurlike liggaam word gesaai, ‘n geestelike liggaam word opgewek. Aangesien daar ‘n natuurlike liggaam is, is daar ook ‘n geestelike liggaam. So staan daar ook geskrywe: “Die eerste mens, Adam, het ‘n lewende wese geword.” Die laaste Adam het die lewendmakende Gees geword. Die geestelike kom nie eerste nie maar die natuurlike, en daarna die geestelike. Die eerste mens is uit die aarde en is stoflik; die tweede mens is uit die hemel. Soos die stoflike mens was, so is ook die stoflike mense; en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense. Soos ons die beeld van die stoflike mens was, sal ons ook die beeld van die hemelse wees. Wat ek bedoel, broers, is dit: vlees en bloed kan nie aan die koninkryk van God deel kry nie. Die verganklike kan nie aan die onverganklike deel kry nie.

Dis nou iets om na uit te sien, nè?

En dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.