... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Jou Toekoms Wink

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Filippense 3:21 Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

Listen to the radio broadcast of

Jou Toekoms Wink


Download audio file

Kan ek vandag pynlik eerlik met jou wees? Ek dink nie dat diegene van ons, wat onsself Christene noem, enigsins genoeg tyd spandeer om opgewonde te raak oor die Goeie Nuus van Jesus en Hom genoeg daarvoor eer nie.

Ek onthou ‘n dosent van my – Ian Pennicook – van jare gelede, toe ek nog in die Bybel Kollege was, wat elke keer wanneer hy van die Kruis van Christus gepraat het, in sy trane verstik het. Die erns van dit wat Jesus vir hom gedoen het, het hom totaal oorweldig.

Ek onthou hoe hy eendag, deur sy trane, gesê het: “Ek is jammer. Ek kan nie sommer net oor die kruis praat nie. Ons moet roem in die kruis.” Die erns van daardie stelling het sedertdien by my gebly. Deur al die voor- en teëspoed, deur die sleurwerk van die alledaagse, het die loutere heerlikheid van die Kruis van Christus my hart gevul.

Maar nie net dit nie. Vir almal wat in Jesus glo, hulle sonde bely en weggedraai het van dít wat hulle weet verkeerd is, gaan daardie heerlikheid tot in alle ewigheid na hul lewens oorspoel.

Filippense 3:21 Deur die krag waarmee Hy alles aan Homself onderwerp, sal Hy ons nederige liggame verander om soos sy verheerlikte liggaam te wees.

Alles wat Christus aan die Kruis verwerf het, sal vir alle ewigheid deur Sy krag, ons s’n word.

Ek weet nie wat jou omstandighede is nie – dalk is vandag een van daardie alledaagse dae vir jou, of dalk is jy gedaan, of dalk verkeer jy in ‘n desperate wanhoop – maar watter soort dag jy ook al beleef, onthou die Kruis. Beroem jou daarop. En weet jy, dat daardie heerlikheid vir ewig en altyd joune sal wees.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy