... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Kan dit Goed wees om te Ly?

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

1 Petrus 3:17 As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen.

Listen to the radio broadcast of

Kan dit Goed wees om te Ly?


Download audio file

Lyding is ‘n tema waarna ek graag weer en weer wil terugkeer – in my eie leerproses en ontwikkeling, en ook in joune. Want dit is in die proses van lyding, waar ons die beste geleentheid wat God ooit vir ons kan gee, kry!

Enige atleet sal jou vertel dat hulle swaarkry en ly wanneer hulle oefen. Dit maak seer om spiere te bou. Dit neem pyn om uithouvermoë te kweek. Maar vir hulle het die lyding ‘n doel. Die swaarkry is daar om beter, vinniger, slimmer en meer vaardig in hul sport te word. Daarom ly hulle.

En dieselfde geld ook in ons lewens. Ons weet dat daardie moeilike tye, die grootste geleentheid vir God bied om ons karakter te vorm; om ons te leer hoe om op Hom te vertrou en om ons growwe kante glad te slyp, sodat ons meer en meer soos Jesus sal lyk.

Maar – daar moet altyd ’n ‘maar’ wees, nie waar nie? – te dikwels behels lyding dat ons onregverdig behandel word en dit tas ons trots aan. Daardie onreg veroorsaak dat ons ‘n verkeerde gesindheid kry. En net daar, word enige voordeel wat God deur lyding in ons karakter bewerkstellig het, geblokkeer. Trots blokkeer altyd die goeie dinge van God, nie waar nie?

As jou trots geneig is om jou te pootjie, luister dan hier:

1 Petrus 3:17 As dit die wil van God mag wees dat julle moet ly wanneer julle goed doen, is dit beter só as om te ly wanneer julle kwaad doen.

Petrus het daardie woorde aan Christene, wat wreed en onregverdig vir hulle geloof in Jesus gely het, geskryf. As God ‘n seisoen van lyding oor jou bring, en as dit sy Wil is, ly met grasie. Ly met ‘n goeie hart en ‘n goeie gesindheid – dit maak nie saak hoe onregverdig dit voel nie … want God is besig om iets goeds vir jou te leer.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.