... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Keer Terug na God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Joël 2:25-27 Ek sal julle vergoed vir die tyd van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het, julle verteer het. Julle sal oorgenoeg hê om te eet, julle sal die Naam van die Here julle God prys, Hy wat wonders vir julle gedoen het. My volk sal nooit weer in die skande kom nie. Dan sal julle besef dat Ek by Israel is, dat Ek die Here julle God is, dat daar buiten My nie 'n ander is nie. My volk sal nooit weer in die skande kom nie.

Listen to the radio broadcast of

Keer Terug na God


Download audio file

Wanneer ons deur moeilike tye gaan en wanneer ons die gevolge van ons eie sonde dra, is dit maklik om te dink dat God daar bo in die gemak van die hemel sit, en Homself verlekker as Hy sien hoe ons swaarkry. Maar dit is beslis nie die waarheid nie.

Daardie Germaanse idee van schadenfreude – die vreugde wat jy daaruit put om te kyk hoe iemand besig is om deur sy eie toedoen swaar te kry – is iets wat ons almal al ervaar het. Dis tog hulle verdiende loon! Of hoe? Nee, God werk nie so nie.

Maar wag, ons moenie ‘n fout maak nie – ons het immers gister gesien dat Hy ons die gevolge van ons sonde laat dra; maar, en dis die groot máár – sy begeerte is altyd – altyd! – om ons te verlos. Hy wil ons terug in sy arms hê. Hy wil ons, soos enige goeie vader, met sy liefde seën.

Dít is die belangrike beginsel wat Hy deur die profeet Joël vir sy mense wil leer:

Joël 2:25-27 Ek sal julle vergoed vir die tyd van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het, julle verteer het. Julle sal oorgenoeg hê om te eet, julle sal die Naam van die Here julle God prys, Hy wat wonders vir julle gedoen het. My volk sal nooit weer in die skande kom nie. Dan sal julle besef dat Ek by Israel is, dat Ek die Here julle God is, dat daar buiten My nie ‘n ander is nie. My volk sal nooit weer in die skande kom nie.

My vriend, luister na my. As jy deur jou sonde van God weggedwaal het; en as jy jouself deur jou sonde in ‘n verskriklike wildernis bevind, dan praat God vandag van sy verlossende liefde met jou. Vandag roep God jou na Homself terug.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly