... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Leer My

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 143:10 Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op 'n gelyk pad lei.

Listen to the radio broadcast of

Leer My


Download audio file

Dit wil voorkom asof daar twee soorte mense in hierdie wêreld is. Dié met ’n leerbare gees, en dié daarsonder. Diegene wat oop is daarvoor om hulle foute te erken, uit hulle foute te leer en ‘n beter lewe te lei … en diegene wat nie daarvoor oop is nie.

Kan ek jou dus vandag vra, watter tipe mens is jy? Wag nou eers ‘n oomblik, dink nou mooi, moenie jouself bluf nie, want die menslike hart is baie geneig tot selfbedrog.

Dink terug aan die laaste konfliksituasie waarby jy betrokke was. Het jy verantwoordelikheid aanvaar vir jou aandeel daarin, of het jy dalk die konflik die hoogte laat inskiet? Of miskien het jy sommer die ander persoon blameer?

Het jy vir God gevra om jou te wys hoe om te vergewe, en hoe om dinge volgende keer beter te hanteer, of het jy die hele episode begrawe met die idee om dit op ‘n ander dag voort te sit? Dit is uitdagende vrae, nie waar nie. En terwyl hulle in jou gedagtes rondmaal, luister hoe koning Dawid, ‘n dienaar van die lewende God, in gebed oor hierdie einste saak geworstel het in:

Psalm 143:10 Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op ‘n gelyk pad lei.

In vers 3 van dieselfde Psalm sê Dawid dat ‘n vyand hom agtervolg, hom in die grond verpletter en hom in duisternis laat lewe soos dié wat lankal dood is. En … wat het hy gebid? Verpletter my vyand, vernietig hulle, o God? Nee, my vriend. Hy was baie slimmer as dit. . .

Dawid het geweet dat die belangrikste ding in daardie moeilike situasie was om God se wil te ontdek. Die beste pad vorentoe was om die Heilige Gees toe te laat om hom te lei.

Leer my om u wil te doen, want U is my God! Laat u goeie Gees my op ‘n gelyk pad lei.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly