... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Maak My Oë Oop

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 119:17,18 Doen goed aan u dienaar, dan sal ek lewe en u woord gehoorsaam. Maak my oë oop dat ek die kragtige werking van u wet ervaar.

Listen to the radio broadcast of

Maak My Oë Oop


Download audio file

Ons is maar altyd op soek na wonderlike dinge; die goeie dinge wat vir ons tot seën sal wees. Die goeie dinge wat ons lewens en die lewens van diegene vir wie ons lief is, sal verryk. Maar die begeerte na daardie wonderlike dinge kan ons dikwels op ‘n dwaalspoor lei.

Wie van ons het nie al gehoop dat daar ‘n paar wonderlike dinge in ons lewens gebeur nie? Miskien het jy al ‘n groter huis, ‘n mooier motor, ‘n heerlike, rustige vakansie, of dalk die regte huweliksmaat of, as jy getroud is, ‘n beter huwelik, begeer?

Ons het almal sekerlik al party van daardie dinge begeer – en nie een van hulle is op sigself sleg nie – en wanneer ons hulle met al ons energie begin najaag, ontdek ons dat geluk maar net ‘n dag lank is. . . 

Nouja, waar vind ons daardie wonderlike dinge wat blywende waarde het?

Psalm 119:17,18 Wees goed vir my, u dienaar, sodat ek kan lewe om u woord te gehoorsaam. Maak my oë oop sodat ek al die wonderlike dinge in u leringe kan sien.

Wat ‘n opwindende gebed! Wat ‘n briljante ding om van God te vra! Dat Hy vir ons goed sal wees; dat Hy ons sal help om sy Woord te gehoorsaam, dat Hy ons oë sal oopmaak om – wat te sien? Wonderlike dinge in sy Woord van Waarheid.

Kom ek sê vir jou, wanneer ons só bid voor ons ons Bybel oopmaak, begin wonderlike dinge gebeur. Die Heilige Gees gee ons sy wysheid, sy liefde en sy krag vir ons lewens. Hy seën ons met die wonderlikste ontdekkings en die wonderlikste dinge, deur sy lewende Woord.

Wysheid en insig oor onsself, oor ander, oor ons verhoudings, en oor ons wandel met God, sal ons lewens oneindig verryk!

Maak my oë oop sodat ek al die wonderlike dinge in u leringe kan sien.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.