... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Afsydig Word Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 63:2,4 Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in 'n dor en droë land, 'n land sonder water. U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Afsydig Word Nie


Download audio file

Elke verhouding in ons lewens loop die risiko om een of ander tyd af te koel en afsydig te raak. Wat eens ‘n lewensbelangrike, passievolle, lonende verhouding was – hetsy met jou gade, of ‘n vriend … of inderdaad, met God – lyk eendag skielik baie minder belangrik as wat dit eens op ‘n tyd was.

Ek wonder of jy op die oomblik aan ‘n verhouding in jou lewe kan dink wat so afgeskeep geraak het? En dan krap jy jou kop en wonder … hoe het dit gebeur?

Die waarheid is dat baie mense, wat vroeër met ‘n vurige entoesiasme in hul harte besluit het om hulle lewens vir Jesus te leef, se verhoudings met Hom inderdaad in so ‘n situasie verkeer. Dit is vandag afsydig en afgekoel. Hoe het dit gebeur?

Ja, ek weet hoe dit deesdae ‘n stryd is om kop bo water te hou en dat daar daagliks soveel dinge is om te hanteer, dat ‘n mens jouself maklik in daardie rigting laat afgly. Miskien bevind jy jouself op hierdie oomblik in een van die lewe se wildernisse, en dan wonder jy wat om daaraan te doen.

Koning Dawid het so ‘n fase deurgemaak. Trouens, hy was in die woestyn van Juda. Ons lees hoe hy tot God bid in:

Psalm 63:1,3 Ek soek U, o God, my God, ek dors na U; ek smag na U soos in ‘n dor en droë land, ‘n land sonder water. U troue liefde is meer werd as die lewe; daarom sal ek U prys.

Dit lyk vir my asof die hoofrede waarom ons ons verhouding met die Here ons God afskeep, is omdat ons nie ‘n brandende begeerte in ons harte na Hom het nie. Ons fokus soveel meer op die droë en moeë woestyn-omstandighede waarin ons onsself bevind, dat ons vergeet dat sy getroue liefde in die woestyn en op enige plek, beter as die lewe self is.

Moenie afgerem en afsydig raak nie. Dors na Jesus!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly