... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Jouself Bluf Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 14:9-12 Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is. ”Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Jouself Bluf Nie


Download audio file

Daar is ‘n risiko, ja, ‘n enorme groot risiko, dat hoe meer ons in ons verhouding met Jesus groei, en hoe meer ons lees en die Bybel leer ken, hoe groter is die kans dat ons so ‘n effe verhewe bo ander kan voel.

Dit is een van die lewe se groot paradokse. Christus beveel ons om nederig te wees; om ons kruis op te neem en Hom te volg waar Hy ook al mag lei, wat dit ook al mag kos. Dit is presies wat Hy gedoen het toe Hy sy lewe vir jou en vir my afgelê het.

Ek verstaan! Jy kom nou al ‘n hele entjie saam met Jesus en jy begin dinge net mooi onder die knie kry. Ja, jy begin nou al gemaklik voel in jou Christus-pak waarmee jy jouself beklee het … net soos die Skrif sê jy moet. . .

Ek doen al hierdie Christelike dinge. Ek praat al die regte taal. Ek het dit perfek bemeester! Ag nee, kyk net na daardie vrou wat laat by die kerk ingestap het. Sy het nie eers haar hare behoorlik gekam nie. Kan jy nou meer! Sy moet bykom.

Wag. Staan stil en doen selfondersoek :

Romeine 14:9-12 Hiervoor het Christus ook gesterf en weer lewend geword: om Here te wees van die dooies en die lewendes. Jy, waarom veroordeel jy dan jou broer? En jy, waarom verag jy jou broer? Ons sal tog almal voor die regterstoel van God moet verskyn, want daar staan geskrywe: “So seker as Ek lewe, sê die Here, voor My sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is.” Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee.

Wil jy regtig op daardie dag voor die regterstoel jou trots, jou gevoel van meerderwaardigheid teenoor die Here verduidelik? Regtig?!

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.