... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Oordeel Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Lukas 6:37 “Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Listen to the radio broadcast of

Moenie Oordeel Nie


Download audio file

Dit is regtig ontstellend hoe dikwels ons ander mense oordeel en veroordeel. Ons oordeel hulle op grond van hoe hulle lyk, hul gesigsuitdrukkings, hul lyftaal, wat hulle sê en wat hulle doen. Trouens, ons oordeel ander mense sommer ‘n hele paar keer elke dag.

Kom ons dink daaroor na: Jy ontmoet iemand nuut. Wat is jou eerste indruk? Hulle voorkoms! En hoe wreed dit ook al mag klink, behandel ons die meeste “aantreklike” mense anders as dié wat ons as “onaantreklik” beskou.

Maar dit geld ook vir iemand wat ons dalk redelik goed ken. Wat doen ons wanneer hulle iets sê waarmee ons nie saamstem nie? Ons veroordeel hulle. Net daar laat ons ons aannames en ons vooroordele toe om húlle perspektief af te skiet. En op daardie oomblik begin die konflik. Maar dink net, kon ons dinge nie anders hanteer het nie?

Lukas 6:37 Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Kon ons nie maar ons oordeel weerhou het nie? Wat sou gebeur het, as ons die persoon vergewe het, eerder as hom te veroordeel? En as ons hom op daardie oomblik kon sien as ‘n feilbare mens – met al sy hoop en drome, swakhede en gebreke (net soos ons s’n) – en hom met die deernis wat hy verdien, behandel het? Hoe anders sou ons verhoudings dan gewees het? Hoe anders sou ons wêreld dan nie gelyk het nie?

Konflik begin op die oomblik wat ons oordeel. Deernis begin wanneer ons besluit om nie te oordeel nie. Konflik begin wanneer ons onsself van hulle feilbaarheid as mense afsluit en hulle soos ‘n voorwerp, wat gemanipuleer moet word, behandel. Liefde begin wanneer ons daarna smag om te verstaan waarom hulle iets sê of doen.

Moenie oordeel nie, en oor julle sal nie geoordeel word nie. Moenie veroordeel nie, en julle sal nie veroordeel word nie. Spreek vry, en julle sal vrygespreek word.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.