... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie Roem Oor Die Dag van Môre Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Spreuke 27:1 Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV)

Listen to the radio broadcast of

Moenie Roem Oor Die Dag van Môre Nie


Download audio file

Kan ek jou vandag ‘n vraag vra? Wat is jou planne vir môre en oormôre … en volgende week, en volgende maand en volgende jaar? Party mense beplan baie deeglik, ander beplan baie minder, maar ons het almal hoop en drome vir die toekoms, nie waar nie?

Die lewe is ongelooflik onseker en tog, wanneer dinge net goed op dreef is, is dit maklik om met ‘n vals gevoel van veiligheid gesus te word. Ons verbeel ons dat ons toekoms heeltemal in ons eie hande is.

Aan die einde van verlede jaar was dinge in my lewe net mooi op dreef. Ek en my vrou was op die punt om met ‘n vakansie, wat ons al lankal beplan het, te vertrek.

Maar die week voor ons beplande vertrek, het my 92-jarige ma geval en my 82-jarige skoonma is vir ‘n noodoperasie hospitaal toe gejaag. En skielik is al ons plannetjies deurmekaar gegooi.

Jy het sekerlik ook al ‘n ontwrigting van jou planne ondervind. Alles is reg, totdat dit skielik nie meer reg is nie.

Spreuke 27:1 Moenie te veel praat oor wat môre kan gebeur nie. Jy weet glad nie wat môre gaan oplewer nie. (NLV)

Die waarheid is dat, alhoewel ek en jy dinge kan beplan, en hoewel sommige, of die meeste van daardie planne, waarskynlik sal uitwerk, weet ons nooit wat môre gaan gebeur nie. Ons toekoms is in God se hande, nie in ons eie nie.

Dit is waarom dit so belangrik is om nader aan Hom te leef, en wanneer ons ons planne maak, na daardie sagte fluistering van sy Gees in ons hart te luister. Hy weet wat die toekoms inhou en omdat Hy ons so lief het, sal Hy ons deur sy Gees in die planne wat ons maak, lei.

Ons sal steeds soms verrassings ervaar, maar wees gerus, dit is geen verrassing vir God nie. Moenie spog oor wat jy môre gaan doen nie, maar plaas jou beplanning nederig in sy hande. 

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.