... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Moenie uit Woede Optree Nie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favorites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Ps 37:8 Moenie kwaad word nie; laat staan die woede. Moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.

Listen to the radio broadcast of

Moenie uit Woede Optree Nie


Download audio file

Sê my, wat laat jou woede van tyd tot tyd opvlam? Ons het almal snellers wat ons ons beheer oor ons emosies laat verloor. Wanneer die adrenalien deur ons are pomp, kan ons sommer regtig dom dinge doen.

Miskien is jy een van die gelukkige mense met ‘n rustige geaardheid en het jy nie ‘n groot probleem met woede nie. Wees dankbaar! Ongelukkig is ek nie so nie. Ek is gebore met ‘n sterk aanvoeling van reg en verkeerd wat in my DNA ingeweef is en dit ontstig my verskriklik wanneer mense die reëls oortree. Om my woede te leer beheer, was daarom vir my ‘n moeilike saak. 

Miskien het jy daardie ou gesegde gehoor, dat wanneer jy kwaad is, jy eers tot tien moet tel voordat jy reageer. Maar selfs dan, soos Lucy, die spotprentkarakter, eenkeer gesê het: wanneer jy tot tien tel, beteken dit slegs dat jy die verkeerde ding met voorbedagte rade gaan doen!

Nouja, wat ook al jou persoonlikheidstipe is; wat is die ding om te doen wanneer een van daardie snellers dreig om jou woede te laat oorkook?

Psalm 37:8 Moenie kwaad word nie; laat staan die woede. Moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.

Daar is eenvoudige maar kragtige begrippe in hierdie kort vers. Eerstens: Weerhou jou van woede, laat dit staan, los dit. (Ek dink dit is seker dieselfde as om tot tien te tel?)

Tweedens: Draai weg van die aksies wat uit woede vloei. Moenie wraakgedagtes koester nie. Die oorspronklike teks sê letterlik dat jy daarvan moet wegloop.

Maar dan sê dit ook jy moet jou nie ontstel nie – met ander woorde moenie die lang, stadige lont van woede in jou hart laat wegbrand nie, want as jy dit doen, is daar net een uitkoms: jy sal sondig.

Kom ons herhaal dit, indien jy nog twyfel oor hoe jy jouself moet gedra: 

Moenie kwaad word nie; laat staan die woede. Moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly