... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Gevoel van Dringendheid

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Prediker11:7,8 Die lig is aangenaam, dit is goed vir die oë om die son te sien. As 'n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees. Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is. Alles kom tot niks.

Listen to the radio broadcast of

‘n Gevoel van Dringendheid


Download audio file

Ons dae op hierdie aarde – joune en myne – is getel. Ons het ‘n beperkte tyd oor om ‘n positiewe, blywende impak te hê op die lewens van diegene rondom ons – diegene wat die meeste saak maak.

Ons het hierdie week gesels oor hoe om ons gawes en die hulpbronne waarmee God ons geseën het, oral ten goede te gebruik. Ja, daar is ‘n prys daaraan verbonde. Ons omstandighede is dalk nie ideaal nie en ons sien hoe dit dikwels deur onsekerheid bederf word.

Maar kom ons kyk realisties hierna. Die tyd wat ons oor het om die goeie dinge te doen, waarvoor God ons geroep het, word met elke sekonde wat aftik, korter. En terwyl ons in ‘n driedimensionele wêreld leef, is dit die vierde dimensie, tyd, wat ons dikwels miskyk.

Prediker 11:7,8 Die lig is aangenaam, dit is goed vir die oë om die son te sien. As ‘n mens lank lewe, moet jy oor alles dankbaar wees. Maar jy moet onthou dat die donker dae van die dood wat kom, ook baie is. Alles kom tot niks.

As jy in Jesus glo, dan gaan jy jou ewigheid in sy teenwoordigheid deurbring. Dis fantastiese nuus, nè? Ons sal vir ewig besig wees om Hom te vereer. Maar dit beteken ook dat ons geleentheid om goed te doen; om die lewens van ander mense met Sy liefde te beïnvloed, en om te sien hoe mense tot ‘n reddende kennis van Hom kom, verby sal wees.

Dit beteken dat daar ‘n gevoel van dringendheid is. Ek stry nie dat dit goed is om te lewe, om die lig van die son te sien en om elke dag van ons lewe te geniet nie. Maar kom ons fokus ook daarop dat God ons geroep het om, waar ons ook al gaan, goed te doen voor dit te laat is.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.