... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Jaloerse God

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Eksodus 20:2,3,5 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; (’53 vertaling)

Listen to the radio broadcast of

‘n Jaloerse God


Download audio file

Kan ek jou vandag vra, wat is die een ding in jou lewe wat jy sou sukkel om op te gee, as God dit van jou eis? Watter besitting, watter posisie, watter gewoonte … sou jy sukkel om prys te gee?

Vir my is dit tegnologie. Ek was nog altyd ietwat van ‘n bleeksiel – ek het vir byna twee dekades ‘n IT-maatskappy bestuur. My stokperdjie is om al my tegnologiese toestelle – my horlosie, foon, tablet en rekenaar – perfek te sinkroniseer.

As God my sou vra om dit alles op te gee en terug te gaan na pen en papier, sou dit vir my ‘n groot stryd wees. Nouja … wat sal vir jou moeilik wees om prys te gee?

Die rede waarom ek dit vra, is dat party van ons wat bely dat ons in Jesus glo en beweer dat ons sy dissipels is, baie mooi moet dink of daar enigiets in ons lewens is, wat ons dalk geneig is om voor God self te plaas.

Eksodus 20:2,3,5 Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie. Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die Here jou God, is ‘n jaloerse God wat die misdaad van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat; (’53 vertaling)

Nou sê my, hoekom is God ‘n jaloerse God? Omdat Hy ons baie liewer het as wat ons ooit kan besef. Hy het sy Seun, Jesus, gestuur om vir ons te sterf en ons sonde te vergewe sodat ons kan sien hoe lief Hy ons het.

En Hy wil nie hê dat ons om die bos gelei word deur enige bedrieër van hierdie wêreld nie, of deur die duiwel om ons van Hom weg te lok nie.

Ek is die Here jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het. Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie 

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly