... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

‘n Klein Vonkie

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Jakobus 3:3-5 Vir perde sit ons 'n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met 'n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. So is die tong ook maar 'n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. 'n Klein vuurtjie kan 'n groot bos aan die brand steek.

Listen to the radio broadcast of

‘n Klein Vonkie


Download audio file

In vergelyking met die res van jou liggaam, is jou tong nie besonder groot nie; nie so groot soos ‘n hand of ‘n voet nie, nè? Maar al is hy hoe klein, kan hy ‘n wêreldse verskil maak; hy kan seën of hy kan pyn veroorsaak. Hoe gaan dit met jou tong?

Ons het nou die dag saam na hierdie versie gekyk:

Lukas 6:45 Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor.

Met ander woorde, soos Jesus dikwels gesê het, die tong praat uit dít wat oorvloei uit die hart. Sonder reinheid van hart, sonder ‘n hart wat kies om nader aan Jesus te kom, ‘n hart wat daarna smag om Hom te volg, om Hom te aanbid, om Hom te gehoorsaam … sonder daardie soort hart, is daar selde iets goeds in die oorloop.

Maar dit maak nie saak hoe rein jou hart is nie, daar sal steeds dinge wees wat jou irriteer; dinge sal gebeur om jou te laat ontplof.

Jakobus 3:3-5 Vir perde sit ons ‘n stang in die bek, en dan gehoorsaam hulle ons en het ons hulle hele liggaam onder beheer. Dink ook maar aan skepe: al is hulle baie groot en al is die winde wat hulle aandryf, baie sterk, word hulle tog met ‘n baie klein roertjie gestuur net waarheen die stuurman wil. So is die tong ook maar ‘n klein liggaamsdeeltjie, en tog het dit groot mag. ‘n Klein vuurtjie kan ‘n groot bos aan die brand steek

Beheer jou tong.

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.


We use cookies to improve your browsing experience, analyse site traffic & personalise content, but we do not track you when you leave this site. To find out how we utilise & protect your data, check out our "Privacy Policy".

Privacy Policy

Make your gift monthly to share more Living Hope!

Hearts are open to Jesus at Easter. Your monthly support will help reach millions around the world to share the hope of Christ.

Make it Monthly