... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Neem Standpunt In

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Romeine 14:7,8 Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

Listen to the radio broadcast of

Neem Standpunt In


Download audio file

Kan ek jou vandag vra, wat daar in jou lewe is wat jou geloof in Jesus op hierdie oomblik laat wankel? Watter gebeurtenis, watter twyfel, watter bekommernis, watter vrees, watter verhouding probeer sy bes om jou geloof te ondermyn?

Daar is altyd iets, nè? Soms is jy net uitgeput en dan begin jy wonder of jou geloof in Jesus enige werklike verskil in jou lewe maak, wat nog te sê van in die lewens van diegene rondom jou. Twyfel en vrese sluip in, en in elk geval lyk die gras anderkant die draad altyd groener. 

Die rede waarom ek dit so goed kan verwoord, is omdat ek self ook al in daardie posisie was. Ja, die geloofsreis is ‘n opdraande stryd, en hoewel ons dalk nie daaroor wil praat nie, is dit ‘n werklikheid. Dis baie eg.

Maar net wanneer jy op moedverloor se vlakte is, wanneer jy alle hoop verloor het om die struikelblokke in jou geloofsreis te oorbrug, kom God met ‘n kragtige, lewegewende Woord om jou weer op te bou:

Romeine 14:7,8 Niemand van ons leef tog vir homself nie, en niemand sterf vir homself nie. As ons lewe, leef ons tot eer van die Here; en as ons sterwe, sterf ons tot eer van die Here. Of ons dan lewe en of ons sterwe, ons behoort aan die Here.

Die skrywer, die apostel Paulus, weet waarvan hy praat. Hy was dikwels ter wille van Christus in doodsgevaar. Sover ons weet, is hy uiteindelik ook gemartel omdat hy die opgestane Christus verkondig het. Maar redelik vroeg in sy lewe het hy besluit : Of ek dan lewe en of ek sterwe, ek behoort aan die Here.

My gebed vir jou vandag is dat die Woord van God jou onwrikbare hoop sal gee. Of jy leef of sterf, wees sterk. Jy behoort aan die Here.

Dis Sy Woord. Vars … vir jou … vandag.