... helping you be all that God made you to be, because He plans on shining His light into this world through you.

Berni - ceo, Christianityworks

Negatiewe Self-gesprek

We're glad you like it!

Enjoying the content? You can save this to your favourites by logging in to your account.

Register or Login

Add to Favourites

Psalm 19:15 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.

Listen to the radio broadcast of

Negatiewe Self-gesprek


Download audio file

Ons praat heeldag met onsself. Ons noem dit ‘n self-gesprek. Ons skep ‘n verhaal van ons lewens, wat ons oor en oor en oor aan onsself herhaal. Dit beïnvloed nie net ons lewens nie, maar dit definieer wie ons is.

Wanneer iemand van kleins af vertel word dat hulle dom is, kan jy seker wees dat hulle agter hul dapper fasade, oor en oor vir hulself sê dat hulle dom is. In ‘n geval waar ouers ‘n kind bederf het, kan jy seker wees dat die kind glo dat hy die middelpunt van die heelal is.

Ek wonder watter negatiewe self-gesprek, watter verwronge verhaal het jou lewe beroof van alles wat God vir jou beplan het? Enige sielkundige sal vir jou sê dat daardie leuens wat jy vir jouself vertel, moeilik is, en soms onmoontlik is, om van ontslae te raak.

As dit iets is wat jou teister, dan het jy krag; bonatuurlike, Heilige Gees krag nodig om jou vry te maak. En met my hele hart weet ek dat God vandag daardie krag gaan ontketen. Hier is dit in:

Psalm 19:14 Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser.

Daar is krag in God se Woord, want Hy is jou Rots; Hy is die Een wat jou red. En wanneer jy na Hom toe gaan en bid: Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, sal Hy daardie gebed verhoor.

Sy Gees en sy Woord sal ‘n krag in jou ontketen – ‘n krag om te verander. Dis ‘n krag, wat geen hoeveelheid wêreldse hulp ooit kan ewenaar nie. Net sy Krag kan die verwronge verhaal wat jou stadigaan kan doodmaak, vervang met sy Waarheid. 

Mag wat ek sê en wat ek dink tog vir U aanneemlik wees, Here, my Rots en my Verlosser

Dit is God se Woord. Vars … vir jou … vandag.